Toeris sterf in Tuinroete-fratsvloed

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 29-jarige Belg is Donderdag dood nadat hy deur ʼn fratsvloed meegesleur is by Nature’s Valley in die Tuinroete Nasionale Park.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) was die toeris saam met nog drie toeriste en twee gidse op ʼn staproete en het hulle ‘kloofing’ gedoen toe hy deur die fratsvloed meegesleur is.

Die NSRI se Plettenbergbaai-reddingspan,die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), MedLife-ambulansdienste en die Rooikruis se Air Mercy Service (AMS)-noodhelikopter is na die toneel ontbied. Tydens die soektog is die man se lyk stroomaf opgespoor. Die ander vyf mans is nie beseer nie.

Die Belgiese konsulaat staan die oorledene se familie oorsee by.

‘Kloofing’ is wanneer ʼn persoon in ʼn bergrivier of -stroom af dryf, daarin swem of selfs rondspring om die rivierroete te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.