Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) was die toeris saam met nog drie toeriste en twee gidse op ʼn staproete en het hulle ‘kloofing’ gedoen toe hy deur die fratsvloed meegesleur is.
Die NSRI se Plettenbergbaai-reddingspan,die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), MedLife-ambulansdienste en die Rooikruis se Air Mercy Service (AMS)-noodhelikopter is na die toneel ontbied. Tydens die soektog is die man se lyk stroomaf opgespoor. Die ander vyf mans is nie beseer nie.
Die Belgiese konsulaat staan die oorledene se familie oorsee by.
‘Kloofing’ is wanneer ʼn persoon in ʼn bergrivier of -stroom af dryf, daarin swem of selfs rondspring om die rivierroete te volg.