Toeris val na dood in Tsitsikamma

Stormsriviermond. (Foto: Hanri Taljaard-Swart)

ʼn Toeris van Saoedi-Arabië het Woensdag na haar dood geval tydens ʼn staptoer in die Tsitsikamma Nasionale Park in die Oos-Kaap. Die noodlottige val het glo op pad na ‘n hangbrug in dié park gebeur.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê reddingspanne is omstreeks 16:40 na Stormsriviermond ontbied nadat ʼn vrou van ʼn hoogte op die klippe geval het.

“Die 48-jarige vrou was saam met haar man en twee ander mans ten tyde van die voorval. Een van dié mans is glo die toergids.”

Volgens Rey Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het nooddienste die vrou op die toneel dood verklaar. Veldwagters van SANParke en die NSRI-span het in samewerking met die plaaslike polisie die liggaam van die oorledene gaan haal.

Die vrou se liggaam is aan die Oos-Kaapse departement van gesondheid se patologie-afdeling oorhandig vir verdere ondersoek.

“SANParke sal die nodige ondersteuning aan die vrou se man in hierdie moeilike tyd bied,” sê Thakhuli.

ʼn Ondersoek is intussen van stapel gestuur om die aanloop van gebeure tot die noodlottige val vas te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sopbeen ·

Net 3 ooggetuies en al 3 is mans……..
Iets voel net nie reg nie.

Hendrik Marthinus ·

En as dit die man was en Ander 3 was vrouens, Hoop ek jy sou dieselfde gese het?
Dus eintlik Baie sad dat ons mensdom altyd so na dinge kyk
Maar ek verstaan dit, die lewe deesdae is maar sad
Kyk na al die moorde wat man’s en vrouens deesdae orgastreer op mekaar
Selfs kinders wat ouers en soms hele gesin uitwis

Tiptol ·

Daardie stappaadjies by Stormsrivier is baie veilig. Kan nie dink hoe iemand sou kon val nie.

Niklaas ·

Daardie paadjie is veilig met vele trappe en keer heinings. Vreemd dat sy afval. Dalks was daar poging om selfie foto te neem of iets dergeluks. Tragiese verlies vir die man en groep, ook om jou vakansie so te laat eindig

Surfer ·

Sy moes van die hout loop vlak afgewyk het, want dis baie veilig daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.