Toeris van staproete gered

Foto: NSRI

ʼn Franse toeris wat met vakansie in Suid-Afrika is, moes Woensdag van ʼn staproete in die Robberg-natuurreservaat naby Plettenbergbaai gered word nadat hy geval en sy been gebreek het.

Robbie Gibson, adjunk-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Plettenbergbaai, het gesê ʼn Chinese man het omstreeks 17:20 hulp ontbied nadat sy 53-jarige vriend op die staproete geval het. Die twee mans is met vakansie in Knysna.

Foto: NSRI

“Reddingswerkers van die NSRI en paramedici het op die noodroep gereageer en die beseerde man op die staproete gevind. Hy het sy regterbeen gebreek en spalke moes aan sy been vasgebind word voordat hy op ʼn draagbaar gelaai en uit die reservaat gedra is,” het Gibson gesê.

Hy het gesê paramedici het die reddingswerkers in die parkeerterrein ontvang en die man per ambulans na die hospitaal geneem. “Hy sou daar ʼn operasie ondergaan, maar was in ʼn stabiele toestand na die hospitaal vervoer. Hy sal na verwagting ten volle herstel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.