Toeris verdrink by Durban-strand

Argieffoto: www.hoteldurban.com

Argieffoto: www.hoteldurban.com

ʼn Toeris het Sondagoggend by Noordstrand in Durban verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, wat glo van Rusland is, het omstreeks 10:50 in die moeilikheid beland terwyl hy geswem het. Lewensredders het die man uit die water gered en onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling begin toepas terwyl hulle vir paramedici gewag het.

Volgens Botha het paramedici kort hierna op die toneel opgedaag en die man begin behandel. “Ondanks al hul pogings is die man op die strand dood verklaar.”

Die voorval volg nadat twee toeriste, ʼn egpaar van Ierland wat op wittebrood in Suid-Afrika was, Vrydag by Plettenbergbaai verdrink het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

My pa het gewaarsku – bly uit die water uit tot jy kan swem…

SNEL ·

Ja-nee, die mense verdrink op strepe, die water self is nou gevaarliker as die groot visse met baie tande wat daarin tuisgaan.

sarie ·

My simpatie aan al die slagoffers en families.
Ekt grootgeword by die see en bly steeds hier.
Te dikwels sien ons hoe mense die see benader soos n dam.
As jy n goeie swemmer in n dam/meer/swembad is beteken dit nié dat jy n goeie swemmer indie see is nie.
Nie alle mense verstaan die seestrome en krag van water nie.
Selfs ons wat hier bly kan net hande saamslaan oor party binnelanders wat die see aandurf soos n dam.
Bly maar tussen die vlaggies, luister na die lewensredders en moenie eers die see enige plek aandurf as hulle nie op diens is nie.
Die see moet te alle tye met respek behandel word.

Knersus D ·

En by Stilbaai se Morris punt het ‘n haai ‘n branderplankryer gebyt…sal maar eerder stort..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.