Toeris verdrink in Oos-Kaap

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Nederlandse toeris het verdrink nadat sy in Kaap St. Francis in die Oos-Kaap deur die see meegesleur is.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is hulle omstreeks 17:30 Donderdag na die strand ontbied nadat twee vroue in die see in die moeilikheid beland het.

Lambinon het gesê ʼn 58-jarige vrou is deur omstanders gered. “Die ander vrou (65) is sowat 300m van die kus af gevind. Hulle het haar op die boot getel en probeer om haar by te bring maar sy is later deur ʼn dokter dood verklaar.”

Lambinon het gesê die polisie en die Nederlandse konsulaat staan die vrou wat oorleef het by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.