Toeris verdrink in Plettenbergbaai

Argieffoto van Robberg 5 (Foto: PathFinda.com)

Argieffoto van Robberg 5 (Foto: PathFinda.com)

ʼn 51-jarige man van Oostenryk het Sondagmiddag by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die span is omstreeks 17:00 na Robberg 5-strand ontbied na berigte ontvang is van ʼn verdrinking.

“ʼn 51-jarige man is uit die water gehaal en KPR is op hom toegepas. Twee dokters, onderskeidelik van Kanada en Duitsland wat toevallig op die strand was, het ook hul bystand gebied,” het Lambinon gesê. “Alle pogings om sy lewe te red was egter tevergeefs en hy is op die toneel dood verklaar.”

Sy liggaam is aan die polisie en forensiesepatologiediens oorhandig. “Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.”

Lambinon het bevestig die man se vrou ontvang berading en toerismebeamptes en die Oostenrykse konsulaat bied ook hul bystand.

Bitou- munisipale lewensredders, die NSRI se reddingswemmers, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Medlife-ambulansdiens en die NSRI se stasiedokter het almal op die toneel reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AL ·

Dis hartseer dat n mens sy lewe verloor in die vreemde. Gelukkig dat dit nie n geweldsmisdaad slagoffer is nie.

Hennie ·

Was daar lewensredders op die strand? Was hulle van die soort wat kan swem of net van die soort wat ‘n werk gesoek het, en toe word hulle as lewensredders aangestel?

Susan ·

Dit is nie n swem strand nie en daar is baie haaie om die area.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kinders moet van kleinsaf deeglik geleer word van die gevare van die see. Heel eerste is dat jy nooit alleen gaan swem by ‘n strand sonder lewensredders nie, en tweedens dat jy NOOIT jou rug op die see draai nie want soms is daar net ‘n skelm golf wat jou tref. Hierdie twee reels geld ook vir volwassenes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.