Toerismebedryf op die herstelpad – minister

Mmamoloko Kubayi-Ngubane (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Restaurante word gemaan om die aandklokreël gedurende vlak 2 van die afsonderingstydperk te gehoorsaam. Sou ’n restaurant ná 22:00 nog klante bedien, sal die eienaar en bestuurder van die betrokke restaurant in hegtenis geneem word.

Só het Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, Woensdagmiddag gedurende ’n virtuele mediaverklaring bevestig. Die minister het die nuwe regulasies wat gedurende vlak 2 van die afsonderingstydperk geld, aangekondig.

Volgens die minister stel dié vlak die toerismebedryf in staat om te begin met sy herstelpad nadat die bedryf maande lank lamgelê is deur streng afsonderingsregulasies, waaronder die verbod op alkohol.

Restaurante en kroeë met geldige dranklisensies word eindelik weer gedurende vlak 2 toegelaat om alkohol te bedien.

(Argieffoto: Unsplash)

Kubayi-Ngubane het egter nou nié net die bestuur van restaurante nie maar ook hul klante gewaarsku om voor 22:00 tuis te wees wanneer die aandklokreël saans tot 04:00 soggens inskop.

Die minister het daarop gedui dat die regering reeds die aandklokreël met ’n uur uitgestel het om restaurante tegemoet te kom. Die aandklokreël was voorheen reeds 21:00 van krag.

Kubayi-Ngubane het verder gesê tafels in restaurante behoort ’n meter en ’n half van mekaar geplaas te word om sosiale afstand tussen klante te handhaaf.

Akkommodasie

Alle akkommodasie word gedurende vlak 2 van die afsonderingstydperk toegelaat, mits die nodige protokol gevolg word. Dít sluit Airbnb in, het die minister bevestig in reaksie op ’n vraag van die media.

Volgens Kubayi-Ngubane kan akkommodasiegeriewe nou enige besoekers van oor die land verwelkom. Die was van hande, die dra van maskers en afstandhandhawing mag egter nié agterweë bly nie.

Die minister het verduidelik dat akkommodasiegeriewe slegs 50% van hul vloeroppervlak wat hul ontvangs en eetsaal betref, met gaste mag vul.

Daar moet ook boekgehou word van alle gaste.

Toeriste-aantreklikhede

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: ATKV Hartenbos)

Toeriste-aantreklikhede soos pretparke, waterparke, dieretuine, museums, galerye en wildreservate is nou weer oop.

Kubayi-Ngubane het egter aanbeveel dat besoekers liefs vooraf bespreek sodat die kapasiteit van dié aantreklikhede beplan kan word om te verseker dat sosiale afstand te alle tye gehandhaaf word.

Alle toerusting wat deur besoekers gebruik word, moet ook ná elke gebruik ontsmet word. Die dra van maskers bly verpligtend.

Troues

Troues word steeds beperk tot 50 gaste. Geen buffetetes word toegelaat nie.

Die dra van maskers en die handhaaf van sosiale afstand gedurende die geleentheid is verpligtend.

Internasionale reis

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Kubayi-Ngubane wou haar nie vanmiddag tot ’n datum verbind oor wanneer internasionale reis weer toegelaat sal word nie.

“Daar is geen datums nie. Ons werk nie met datums nie, maar in terme van die risiko … Wanneer die risiko laag is, sal regulasies verslap word.

“Covid-19 het beslis ons bedrywighede beïnvloed, maar nié ons gevoel van gasvryheid nie. Die sektor staan ​​gereed om jou te verwelkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kokerboom ·

My liewe hemel is die koebaai minister nog met ons? Dis nadat sy die toerismebedryf op haar eie amper totaal verwoes het. Dan bygesê weet die arme kader ook nie veel van die bedryf. Dan kom sy nou waaragtig weer met dreigende uitsprake. Dis heerlik as jy weet jou salaris word betaal en jy hoef zero te doen om dit te verdien

Astrain ·

Waar is haar militere drag? Die persoon is totaal en al onbevoeg vir haar pos en moet soos die merrem van SAL aangekla word vir selfde klagtes. Sy kry ‘n VET salaris van belastingbetalers se geld van die einste bedrywe af wat wat haar salaris betaal. Sy het toerisme verwoes en behoort aanspreeklik gehou te word vir honderde duisende mense wat hul werk verloor het en in bittere armoede ingedwing is.

Suzette ·

Ja en dieselfde mense wat hulle werk verloor het as gevolg van hierdie onbevoegde kader, gaan weer vir dieselfde onbevoegde party stem.

Fedup ·

No commen sense at all. Someone should smack you with a calender and a watch.

Fae Fubar ·

My oë rol nou só erg terug in hulle kaste, ek het byna breinskade opgedoen!

Jacobus ·

Mens weet nie of jy moet lag, huil of kniel nie – die soort sottigheid hoord in flieks. Probeer sy nou kompiteer met die ander narre. My gunsteling restourant in Jburg middestad sou dan net een tafel gehad het

Tong in die kies ·

Maw. As ons nou na ‘n vakansie oord toe gaan en daar word geswem moet jy met jou masker swem??
Belaglik verby.
En nog ‘n ding hoe gemaak met mense wat redelik tot matig doof is en jy byna teen due persoon moet staan dat hy/sy jou kan hoor

Peetjie ·

Die skade is soo groot, ek dink nie vroumens het n benul wat die skade werklik is nie. Daar is nie n manier dat die Restaurant en Leisure bedryf die skade ooit sal kan uitwis nie. En wat gaan sy doen met al die 1000’e mense wat hulle werk verloor het…

Suzette ·

Ag koebaai kubayi!! Moeg om julle onsamehangende stories te hoor…..

Werner ·

Dink sy moet terugskakel na die smokkel sigarette toe die huidiges akomodeer nie goed nie

Scalla ·

Slaan sy weer haar naam met n plank, kan tot 22h00 bedien, maar dan moes jy volgens aandklok reel by huis gewees het, beteken dit dat ek in die restaurant kan oorslaap?

Adam Adriaan ·

Sy is so uit haar diepte uit sy kan nie eers ‘n stootwaentjie bestuur nie, wat nog as ‘n minister.

Jack ·

Hierdie Absolutely No Consequences Minister is darem onbeskaamd. Eers spog die ANC dat hulle grendelperk, wat die toerisme industrie op sy knieë gebring het ,’n groot sukses was EN dan probeer sy krediet neem vir die herstel daarvan deur die grendel na meer as vyf maande op te lig. Met ‘n “vriend ”
soos Minister koebaai het toerisme geen vyande nodig nie. Of miskien tog wel? Self vyande het dalk meer empatie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.