Toerismehoof voorlopig geskors

Sisa Ntshona, uitvoerende hoof van SA Toerisme (Foto: SA Tourism)

SA Toerisme het Dinsdag gesê sy raad het besluit om die uitvoerende hoof, Sisa Ntshona, voorlopig te skors ná sekere bewerings teen hom aan die lig gekom het.

Ntshona is in Oktober 2016 aangestel as uitvoerende hoof van die organisasie. In dié posisie is hy daarvoor verantwoordelik om die mandaat en alle bedrywighede van die nasionale bestemmingbemarkingsorganisasie se hoofkantoor en kantore landswyd te bestuur.

Die organisasie het gesê hy het alle bewerings teen Ntshona ondersoek deur anonieme wenke wat ingedien is. Die raad het daarna besluit om hom voorlopig te skors om ʼn vry en regverdige ondersoek van stapel te stuur.

“Die raad is verplig om die bewerings deeglik te ondersoek, in die beste belang van alle betrokke partye. Dit bied ook ʼn geleentheid aan die uitvoerende hoof om te reageer op die bewerings en om die integriteit en deursigtigheid van die proses te waarborg.”

SA Toerisme het Sthembiso Dlamini aangestel as waarnemende uitvoerende hoof om seker te maak bedrywighede verloop glad by die organisasie. “Dit waarborg ʼn uitnemende Afrika Travel Indaba, wat van 2 – 4 Mei 2019 geskeduleer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

A nee si(e)sa man, wat moet ons toeriste nou van die land dink? Net toe ons dink dit kan nie slegter gaan nie, kom die geskorsde nuus. Maar moet nie kom-kommer nie, nou kan Sisa mooi broodjies tuis bak en sy vet salaris spaar, want sy petrol uitgawes is mos nou nul!!

willem Botha ·

Dit lyk na n eerlike vriendelike man ,wat het hy dan gesondig

Stoffel ·

Brand SA se baas geskors, nou SA Toerisme se baas. Wat ‘n advertensie vir die land. Moet net keer of dit gaan beter.

Gert van Wierdapark ·

Sisa gaan nou baie tyd op hande he om vir die volgende periode terwyl hy tuis-toer, sy memoirs op skrif te sit, of om met sy regs-pan te beraadslaag oor die wie, wat, waar en hoe om heelhuids uit die skorsing te kom?

DA BO ·

Is daar enige orginisasie, instansie of besigheid waar “ons” mense betrokke is wat nie vrot is tot op die been nie.

koos ·

Is daar regtig geen een staat of regerings instelling wat nie deur die Guptas of Bossasa geraak is nie?????

Anoniem ·

Wys my net een instelling waarvan die Skokiaan Koppe nie ‘n totale gemors maak nie.

J ·

Seker nie lid van ANC, daarom so vinnig geskors, ANC lede moet mos eers in hof skuldig bevind word voor hulle geskors word, wys maar weer die dubbele standaarde

Anoniem ·

Wat worry hy – hy word seker nog sy salaris betaal. Die spul het geen skaamte. Hy is net spyt hy is uitgevang. Daar gaan die bonusse wat hy homself gegee het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.