Toerismesentrum in Limpopo brand af

Foto: Verskaf.

Die polisie in Tzaneen ondersoek die brand by ʼn plaaslike toerisme-inligtingsentrum langs die R71.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandag omstreeks middernag plaasgevind.

“Een van die veiligheidswagte het ʼn brand in die voorste gedeelte van die gebou gewaar. Hy het onmiddellik die brandweer en die polisie in kennis gestel,” het Ngoepe verduidelik.

Ngoepe het gesê die brandweer en die polisie het blitsig gereageer en probeer om die vlamme te blus, maar die gebou was reeds in vlamme gehul en hulle kon nie daarin slaag om die brand onder beheer te bring nie.

Volgens Ngoepe is die gebou in puin gelê. “Die meubels en elektriese toestelle is alles vernietig. Die skade beloop sowat R500 000.”

Die oorsaak van die brand is steeds onbekend. “In dié stadium is daar slegs ʼn ondersoek na die brand. Ons sal eers na afloop van die forensiese toetse kan sê of daar ʼn saak van brandstigting aanhangig gemaak sal word of nie,” het Ngoepe aan Maroela Media gesê.

Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan lt.kol. Cecil Machimani by 082 451 7181 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Leahim ·

Hulle het blitsig gereageer maar toe brand die gebou nogsteeds af nou wat is vir hulle blitsig?

Hout hou hout ·

Leahim, wat verstaan jy nie van die eienskappe van hout nie? Dink jy n baksteen en n stuk hout brand altwee ewe vinnig?

Valerie Byliefeldt ·

NKP (Nasionale Konserwatiewe Party) Limpopo Leier sal die toneel eersdaags besoek en kyk hoe ek kan help. Dit is ‘n groot verlies en ‘n stukkie van ons erfenis wat daarmee heen is. Ek hoop dat die SAPS spoedig sal werk in hulle ondersoek. NKP Verre Noord groete Valerie Byliefeldt

Christi Naude ·

Dit is brandstigting. Politics gemotiveerd, om Alles te ontwrig. Kyk hoeveel plekke, en watter time plekke brand af. Dan sal jy sien Daar is n politiese motivering. Malema het gese hy sal die land onregeerbaar maak.

zoom zoom ·

As die brand gestig was deur ‘m persoon sal hy/sy niks oorkom nie. Kyk na al die brande by by skole en HG opleidings plekke. Niemand word vervolg nie.

ECT ·

Nee wat, julle, niemand sal niks oorkom n.a.v. enige brandstigting nie (glo my, hierdie is brandstigting soos wat brandstigting maar brandstigting kan wees!) – brandstigting is dan SA se nuwe nasionale sport!

Grasdak ·

Dit lyk vir my of ‘n grasdak se vuur nie maklik gestuit word veral as die vuur eers al langs die nok van die dak voortgekruip het waar dit dan maklik verder versprei.
Ek verstaan dat die brandende gedeelte geskei moet word van die res deur dit letterlik af te saag met ‘n kettingsaag. Tyd wat verloop speel egter ‘n deurslaggewende rol.
Wat sê die mense wat weet?

Realis ·

Mense daardie gebou is al n paar jaar gelede opgerig vir die doel van toerisme uitbreiding en ontwikkeling van die Tzaneen area………..die waarheid is wel dat dit NOG nooit ooit vir daardie doel gebruik is nie!! Daar is al jare n huurder daar binne wat n “bead ” shop bedryf………..nog van ons belasting betalers se geld daarmee heen………………

E.K. ·

Valerie nee, ek dink dit sal na ‘n ANC “maatjie” gaan om te “help” teen die hoogste tender van sowat 17,9 miljoen rand (of meer). Net my persoonlike opinie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.