Toeriste by Voortrekkermonument beroof

Die Voortrekkermonument. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Twee toeriste en twee personeellede is Maandag helder oordag beroof toe ʼn gewapende rower buite die Pioniersentrum by die Voortrekkermonument (VTM) in Pretoria toegeslaan het.

Die voorval het tussen 15:00 en 16:00 plaasgevind.

Gerhard Pretorius, hoofkommunikasiebeampte by die VTM, het bevestig dat een beursie en vier selfone gebuit is voordat die aanvaller te voet gevlug het. Niemand is fisiek beseer nie.

Kobus Bezuidenhout, koördineerder van veiligheid by Maroela Media, sê volgens veiligheidsbeamptes van die VTM is twee Franse joernaliste onder die slagoffers en dat ʼn vuurwapen gebruik is om die slagoffers te dreig. Maroela Media huur kantoorspasie by die VTM.

Volgens Pretorius is veiligheidsbeamptes binne sekondes ná die voorval ontplooi om die gebied te beveilig.

“Geen skoot is afgevuur of enigiemand beseer nie. Die VTM het reeds traumaberading aan die slagoffers beskikbaar gestel.”

Volgens Pretorius het veldwagters die spoor gevolg van waar die rower in die bosse gehardloop het, maar hulle het die spoor op klipterrein verloor.

“Niemand is nog in dié stadium in hegtenis geneem nie. Die klag word wel deur die polisie by Pretoria-Sentraal ondersoek.”

Pretorius kon nie verdere inligting oor die voorval verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Blomkind ·

Wat het jy verwag…In Suid Afrika kom kuier jy nie eers meer vir jou Familie nie…Dis hartseer maar waar…Hierdie siek hool is al lankal done & dusted…

Jaco ·

Ek was al daar ek moes omtrent dinge invul en verklaar om by die hek in te kom. Vreemd dat dié aanvaller so maklik daar ingekom het.

Martie Smartie ·

Iemand word ‘beroof’ en iets word ‘geroof’. Toeriste word beroof, nie geroof nie. Beursies word geroof.

Koen ·

En dis maar OK dat daar geroof/beroof word. Dis waaragtig al wat jy uit die artikel kan kry. Jy is totaal afgestomp.

Kobus ·

Maar het ‘n paar ministers nie met die Duitse Toeris by die Krugerwildtuin se aanval gesê SA is veilig vir toeriste nie en dat alle toeriste veiligheid sal geniet?

Danie ·

Kobus: jy sal maar in die toekoms moet bysit dat jy dit sarkasties bedoel. Anders gaan dit regdeur sommiges…

Harley Davidson ·

Dit was te laat,voorkoming is beter as die gevolge van ‘n tipiese Suid-Afrika sitsuasie,stel ‘n persoon wat paraat is soos Leo Prinsloo en die plek sal veilig wees.

hpven ·

Maak Leo Prinsloo president en die hele land sal veilig wees!

Danie ·

Kan n mens nie dit ook opblaas as rassisme nie??? Nerens is niemand veilig nie.

JohanR ·

Daar sal naderhand nie meer toeriste SA toe kom nie…..nog ‘n ANC sukses storie!

WILLEM ·

As dit so aangaan sal daar eersdaags meer veiligheids beamptes ontplooi wees om die res van die bevolking te beskerm. Waar gaan dit eindig???? Dit jaag ook net die kostes op.

piet ·

Dis ook nie die eerste rooftog daar nie. ‘n Vinnige google-soektog en daar was al ‘n hele paar. Die plek is glad nie veilig nie.

trotsNAMSA ·

Hartseer om te verneem dat by dié monument geen persone veilig is nie. My voorsate wat deel was van die Groot Trek en Anglo-Boereoorlog, draai in hul grafte om. Waarom kom buitelanders nog hier kuier ? Skande SA !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.