Toeriste gered toe boot by Knysna omslaan

The Heads in Knysna. Foto: Oesjaar – Eie werk via Wikimedia Commons

Tien toeriste is Woensdag gered nadat ʼn vaartuig by The Heads in Knysna omgeslaan het.

Jerome Simonis, bevelvoerder van die plaaslike Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê hul vrywilligers is omstreeks 13:20 na die toneel ontplooi toe personeel van East Head Cafè gesien het hoe die boot in die see omslaan. NSRI-bemanning, in verskeie vaartuie, en hul dokters was binne sewe minute op die toneel.

Reddingspanne van die polisie, die brandweer, asook die Wes-Kaapse nooddienste en bewaarders van SANParke is ook ontplooi.

“Altesaam 11 mense was aan boord die 8,9 m lange opblaasboot toe dit omgeslaan het. Die seedeinings was tussen drie en vier meter hoog,” het Simonis gesê. “Al 11 mense is gered en veilig na die strand geneem waar mediese spanne hulle ondersoek het.”

Simonis het gesê slegs twee van die toeriste moes na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word vir waarneming en hul toestand is bevredigend. Die skipper en ander toeriste is ongedeerd.

Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) het ʼn ondersoek van stapel gestuur om vas te stel hoekom die boot omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Sal te bang wees om in ‘n opblaasboot daardie hoë golwe te trotseer.

Neels Niesing ·

Seeduine tussen 3 en 4 meter? Julle bedoel seker deining

Mariné Lourens ·

Dagsê Neels

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

JH ·

Party mense lees nuus net om spel foute te soek en weet niks wat in nuus aangaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.