Toeriste in Kaapstad beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Groep toeriste van Swede is in Khayelitsha in Kaapstad beroof, het die Wes-Kaapse polisie Woensdag gesê.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep van 17 toeriste, ʼn toergids en die bestuurder wat hulle rondgery het, is Maandag omstreeks 11:40 deur vier gewapende mans beroof toe hulle ʼn kleuterskool in Khayelitsha besoek het.

Volgens Traut het die rowers met verskeie items sowel as kontant gevlug. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Traut het gesê teen Woensdagoggend was niemand nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Hy wou nie kommentaar lewer op berigte dat die rowers jeugdiges was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lucy ·

Vir wat wil die toeriste altyd in daai areas invoeter? Dis mos moeilikheid soek, ons gidse behoort dit ook mos te weet.

thys ·

Lucky , nie n bad idee om die buite wereld , te intertain , met wat ons , nou al , as vanselfsprekend , aanvaar het.Ons het die mooiste en rykste land , met n masiewe probleem, nie waar nie ?

Elizabeth ·

Ja-nee, hulle dis die tipe wat seker agterna wil kan sê “we experienced the REAL South Africa with the locals” – wel hulle het beslis! Jammer vir die slegte smaak wat dit aan ons mooie land en toerisme oor die algemeen gee, maar nou-ja, dalk sal hulle nou glo as hulle hoor van al die geweld en misdaad in ons land, hul het dit mos aan eie bas gevoel. Ai hoe negatief is ek nou- jammer maar dis maar hoe dit is.

zahn ·

Kry ek mos nou ‘n gedagte, baie van die blikkieskos wat ons destyds opgegrawe het en vernietig het, was van Swede, nou toe nou..

Gideon Erasmus ·

Swede, nou toe nou!!! Dit was mos hulle wat biljoene Rande gegee het, en nog steeds gee vir die regering van die dag!!

Gideon Erasmus ·

Swede, nou toe nou!!! Dit was mos hulle wat destyds biljoene Rande gegee het, en nog steeds gee vir die regering van die dag!!

scalla ·

Meng jou met die semels……………………………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.