Toeriste sterf in KZN-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense, insluitend twee toeriste van die VSA, is dood na ‘n botsing reg van voor in die noorde van KwaZulu-Natal.

Kwanele Ncalane, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê die botsing het Sondag op die N2 by Nkodibe naby Mtubatuba plaasgevind.

Ncalane sê drie mense is in die botsing beseer en is na ‘n hospitaal in Richardsbaai geneem vir verdere behandeling.

‘n Beampte by die Amerikaanse ambassade het bevestig dat twee Amerikaners in die botsing dood is.

Joy Peters, woordvoerder van die ambassade, sê hulle kan geen verdere besonderhede rakende die ongeluk bekend maak nie weens die VSA se privaatheidswette.

“Ons verskaf die nodige konsulêre hulp aan die slagoffers se families,” het Peters gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.