Toeriste vind lyke op strand

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die polisie in Centane in die Oos-Kaap het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om hulle te help om twee mense te identifiseer wie se liggame op die strand by Qolora By Sea uitgespoel het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggame is van twee jong manlike persone, vermoedelik onderskeidelik 12 en 19 jaar oud. Toeriste het Vrydagoggend op die liggame op die strand afgekom.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen. Manatha het gesê familielede kan die liggame by die forensiese lykshuis in Butterworth gaan uitken.

Die twee liggame bring die dodetal van mense wat vandeesweek by Qolora By Sea verdrink het op vyf te staan. Vroeër vandeesweek het die liggame van twee vroue, onderskeidelik 20 en 21 jaar oud, ook op die strand uitgespoel. Hulle is reeds deur hul families uitgeken.

Nog ʼn man wat vermoedelik verdrink het en wie se liggaam Donderdag deur vissermanne by Qolora By Sea gevind is, moet nog uitgeken word. Manatha het gesê die man kan tussen 17 en 21 jaar oud wees.

Manatha het gesê dié strand is nie ʼn aangewese swemarea nie en daar is geen lewensredders aan diens nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.