Toernooi gaan voort ná vandalisering van gholfbaan

Die foto wys die skade wat aangerig is.

Die Wild Coast Sun-uitdaagtoernooi van die Sonskyn-gholfreeks sal Woensdag voortgaan nadat vandale die naweek die setperke van die gholfbaan waar die toernooi plaasvind beskadig het.

Zoleka Skweyiya, woordvoerder van Sun International, het gesê vandale het Saterdagaand ʼn groot aantal gate op die setperke van die Wild Coast Sun-buiteklub se gholfbaan suidoos van Port Edward gegrawe.

Michael Hollick, ʼn professionele gholfspeler wat ook aan die toernooi deelneem, het Sondag foto’s van die skade op sosiale media gedeel.

“Die plaaslike gemeenskap het pas R400 000 wat in die gebied bestee sou word in fooie vir joggies, klubhuispersoneel en toerisme beïnvloed,” het hy by die foto’s geskryf.

Só lyk dit na daar met herstelwerk begin is.

Hollick het verder beweer daar is die afgelope ruk personeel van die buiteklub afgedank nadat hulle glo aan onwettige protesaksies deelgeneem het en dat dit moontlik van dié personeel is wat betrokke was by die vandalisering. Skweyiya kon egter nie onmiddellik bereik word om op die bewerings te reageer nie.

Volgens Skweyiya is daar Sondag dadelik begin om die skade te herstel. Sy het gesê inwoners, gholfspelers, personeel en ʼn groot aantal ander mense het almal hand bygesit.

Volgens haar word hulle ook steeds oorval met navrae van mense wat wil help. Skweyiya het bevestig die toernooi gaan voort.

ʼn Woordvoerder van die Sonskyn-gholfreeks kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Die toernooi vind van Woensdag tot Vrydag plaas.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Liberaal ·

Sies jy mag nie so dink nie. Ons liberaliste verwag van julle gewone mense om maar net aan te hou geld gee aan die mense, maak nie saak as hulle hulle eie ekonomie skaad nie. Moet nie vrae vra nie, luister net na wat ons linkse leiers vir jou se wat om te dink en doen.

Johan ·

Ja breek af, vernietig……dan vind jy jouself vanwaar jy n werk gehad het om geen werk te hê nie… julle is baie baie slim….

Oud Rhodie ·

Dit is verblydend dat die toernooi kan voortgaan. Soos tereg opgemerk is, die tipe byeenkoms is goed vir die plaaslike ekonomie. Welgedaan aan almal wat hande gevat het om die skade te herstel. Hoop addisionele sekerheidsmaatreels is getref om die vandale weg te hou.

Yankee ·

Die skade is geensins herstel. Vra enige golfspeler wat daar moet en gaan speel.

Theresa ·

Absoluut.
Walglike optrede van die vandaliste.
Wonderlike optrede deur mense wat opbou en nie afbreek nie.

Judge Dredd ·

Lyk my al wat hulle reg gekry het is om nog gholf “hazards” te skep. Los dit so – dit maak spel meer interessant.

dexter ·

Onthou julle toe leon Schuster geskwat het op n golfbaan,………………………..oor land ……………….in panic mechanic .Life imitates art .Soon we will lose more

ZAR ·

Wat nie in die berig staan nie is dat op ‘n geel vlag ‘n boodskape gelos is wat sê “only the start”

Pieter ·

Ja ons weet hoe dink die mense, daar kom niks goed van dit. Niks word gebou nie alles moet afgebreek word. Geen die land 10 jaar en niks gaan meer werk nie.

Gustaf ·

10 jaar.Ek is bly jy is so positief.Wens ek kon ook so voel.

marous ·

Ploeg die hele plek in die grond ….. dit gaan net weer en weer gebeur

E ·

Baie van die paaie in die kleiner plattelandse dorpies het al ontaard in ń offroad track soos wat die potholes vorm. Nou gaan ons net oor na offroad golfing.

Katerina ·

Suid Afrika kan die pionier wees vir n nuwe opwindende spel: XTreme Gholf..ek kan die advertensie sien: “Feel the heat of the burning tyres, breathe the smoke as you parkour over and between dangerous obstacles whilst dodging rocks thrown at you by our team of XTreme play facilitators. Feel the rush as you tee off to the exhilarating sounds of a crowd baying for your blood. This is XTreme Gholf – Proudly South African!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.