Toeskouers weer toegelaat by skole

Minister Angie Motshekga. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Toeskouers word voortaan weer by skoolbyeenkomste toegelaat.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Vrydag regulasies daaroor in die Staatskoerant bekend gemaak. Dit tree dadelik in werking.

Ingevolge die regulasies mag toeskouers nou alle kontaksportbyeenkomste, nie-kontaksport, oefeninge, interskool-byeenkomste, buitemuurse aktiwiteite, kuns- of kultuurprogramme en ander verrykingsprogramme soos debat- en spelkompetisies, skoolklubs of kooroefening bywoon.

Die bywoning is egter onderhewig aan die nakom van streng gesondheidsprotokolle, waaronder die dra van gesigmaskers, die byhou van ʼn register van leerders en besoekers en siftingsprosedures vir Covid-19-simptome. Sosiale afstand moet ook deurlopend gehandhaaf word.

Die regulasies lui onder meer dat niemand met ʼn temperatuur bo 38 °C toegang tot die perseel mag kry nie en die “deel van koeldranke of koeldrankhouers word nie toegelaat nie”. ʼn Covid-19-voldoeningsbeampte moet ook vir elke venue aangewys word en toegangsbeheer moet geld om te verseker daar word aan regulasies voldoen.

Altesame 750 mense mag binnenshuise byeenkomste bywoon, terwyl soveel as 2 000 mense ʼn buitelugbyeenkoms mag bywoon. Indien die perseel te klein is om die voorgeskrewe getal mense te huisves, mag nie meer as 50% van die kapasiteit van die venue gebruik word nie.

Toeskouers word reeds maande lank by skole verbied in ʼn poging om die verspreiding van Covid-19 te stuit, terwyl buitemuurse bedrywighede vir leerders eers in Augustus vanjaar weer hervat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Frank John ·

Beheergees, dis wat ek dit noem. Nou nag jy eet, nou mag jy nie, nou nag jy toilet toe gaan nou nie. Dit laat my dink aan ‘n poppekas. Die karakters kan niks doen behalwe waneer hul toutjies getrek word.

Francois Le Cochon ·

Frank John, jy is reg, ons word beheer. So ook by n verkeerslig. Dan mag jy ry, dan nie. Ons word beheer, om onself teen onself en ander te beskerm. Dit is maar die reels in n samelewing. Kan jy jouself voorstel hoe dit sou gewees het as daar geen reels bestaan het nie, en elkeen het gemaak soos hy/sy wil.

Erik ·

Ek dink dis goed so. Inteendeel, ek sou die hele ramptoestand ophef en die verantwoordelikheid om verantwoordelik te wees in elkeen se eie hande plaas.

Die vaksine is beskikbaar, en elkeen behoort self te kan besluit of hy dit wil neem of nie. Omdat dit beskikbaar is, het die regering nie meer nodig om ander maatreëls in plek te hou nie.

Meeste van ons wat die vaksine gekry het gaan al lankal aan soos voor Covid en voel in elk geval belaglik om maskers te dra en hande te saniteer, maar speel maar die speletjie omdat ons gehoorsame burgers is. Ons weet ons kan nog aansteek en siek word, maar weet ook ons sal nie sommer in die hospitaal beland nie so leef lankal sonder enige vrees.

thejudge ·

Gaan kyk weer na al die videos op sosiale media van die Julie 2021 vergryping (looting) en dink mooi oor jou voorstel van verantwoordelikheid in die “nasie” se hande te plaas

Erik ·

@thejudge, So ek neem aan jy dink daardie ‘looters’ luister en dra almal maskers, saniteer en hou sosiale afstand omdat die regering ingryp?

Fedup ·

I want to become a minister if traditional nonsense in this country. What fun I will have with changing a lot of rules and regulations.

Kwikkie12 ·

Kyk wat in Brittanje aangaan en meeste daar is ingeënt… En nou stroom hulle vir die somer na Suid-Afrika en bring hulle kieme saam!

wimpie ·

Dis JUIS julle oningespuite damduikers wat die kieme veroorsaak. Kom by

Matewis ·

En gelukkig hulle geld vir ons sukkelende ekonomie ook:-)

Johan ·

Baie dankbaar om weer ons pragtige talentvolle jeug in aksie te sien.

Nie Verbaas ·

Tot 1 November verby is. Kom ons hoor dan of storie dieselfde bly.

Samuel ·

Too little too late. Mense in die algemeen dteur hulle eenvoudig nie aan jou regering se regulasies nie. Wie gaan die deel van koeldranke keer? Our people het hul eie regulasies.

Zombie ·

Wat van die voorspelde vierde golf van Covid-19 infeksies? Ek dink die minister speel met vuur so kort voor die aanvang van die eksamens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.