Toestand bekend van vrou (67) wat deur eie hond verskeur is

Foto: Verskaf

Paramedici het Donderdagaand ʼn opdatering gegee oor die toestand van ʼn 67-jarige vrou wat vanoggend deur haar eie volgroeide rottweiler verskeur is.

Maroela Media het vroeër berig die vrou van Salt Rock, naby Ballito in KwaZulu-Natal, het omstreeks 06:30 in ʼn park in die omgewing gaan stap waar die tragedie hom afgespeel het.

“Na wat verneem word, het die vrou met haar twee honde, waaronder ʼn volgroeide rottweiler, in die park gaan stap. Iets het gebeur wat daartoe aanleiding gegee het dat haar rottweiler haar wreed begin aanval het. Wát dit was, weet niemand nog nie,” het Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, gesê. Hy het gesê die hond het die vrou omtrent vyf tot 10 minute lank aangeval. Haar are is beskadig en sy het ook erge skade aan die weefsel en spiere van haar arms en bene opgedoen.

“ʼn Buurman wat naby die park woon, het glo die oproer gehoor. Hy het tot die vrou se redding gekom deur die hond met sy vuurwapen dood te skiet en hulp te ontbied.”

Die vrou is op die toneel deur paramedici van IPPS behandel. Sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar ʼn vaskulêre chirurg haar kan behandel.

“Sy het ʼn intensiewe operasie ondergaan en is tans in ʼn stabiele toestand. Sy sal steeds binne die volgende week verskeie bykomende operasies moet ondergaan.”

Volgens Herbst is dié voorval een van die ergste hondeaanvalle wat hy al gesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Carl ·

Ai tannie ons bid vir jou en sterkte. Dankie vir die buurman se optrede om op te gestaan het vir iemand se veilligheid. Woef weet nie wat fout gegaan het nie, ons glo jou ounooi sal gou herstel.
Alle sterkte

Didi ·

Sterkte met die herstel mevrou. Bravo buurman ….jy het haar lewe gered met jou flinke optrede. Ek sien op n vorige berig al die kommentaar oor hoe opgevoed hul Rotties is maar terselfdertyd eienaars wat eerlik uitkom oor hoe gevaarlik hulle eintlik is…….statestieke lieg nie.

A ·

As n Rottweiler eienaar moet ek opkom vir die hond! alle Rottweilers is nie dieselfde nie, en hoe hulle groot gemaak is speel n groot rol..
my Rottweiler is soos n Lab – die liefde vanself! So ek glo iets moet die hond getrigger het, iets moes aanleiding gegee het tot die gebeur, dis wel baie sad wat met die tannie gebeur het en ek bid sy word baie vinnig beter – maar moenie alle Rottweilers onder dieselfde kamp skeer nie!

Wilma ·

Ek stem saam met jou A. Ons het 2 rotweilers wat saam met ons kids groot geword het en is nou al oud. Nooit een dag het ons enige aggresiewe gedrag gesien teenoor ons of die kinders nie. Hulle het even op die rotweilers rug gery! Ek is baie lief vir rotweilers en glo daar moes iets gebeur het. Baie sterkte vir die tannie, hoop sy herstel gou.

Pastoor ·

Tragies. Dit is die idiale waghond vir ons lewe vandag. Rotweilers se geaardheid is om die leier te wees. Rotweilers moet n baie streng baas het. Hy moet weet wies die baas en wies die hond. Ek het 2 Rotties gehad met klein kinders. Hulle het met hom perd gery. Ek het hom net 1 keer geskree. Dan submitt hy. Ek was n hondemeester in die weermag. Beste hond wat jy kan kry sterkte

Hannelie ·

Rottweilers se geaardheid hang af van die baas. Ons s’n is vir ons die ideale waghond. En soos Pastoor sê sy baas moet streng wees. Ek agter gekom hy luister nie vir almal in ons huis nie, hy kom soms manipulerend voor, maar as ek praat, is dit of hy luister met respek. Ek sal in toekoms net Rottweilers aanskaf, want hul lyk kwaai vir inbrekers, maar hy is net so liefdevol. Sterkte aan die tannie, mag jy gou gesond word. En jammer dat jou hond jou gebyt het.

Tonia ·

Op 1 van die Ballito groepe sê hulle die vrou het met haar Rottweiler, Jack Russel en Border Kollie gaan stap. Die Jack Russel en Border Kollie het begin baklei en die vrou wou hulle uit mekaar haal toe val die Rottweiler haar aan…herhaaldelik ! Ek voel jammer vir die dame maar ook vir die hond. Rottweilers is agressiewe honde, die 2 ander honde se baklei het dit getrigger. Arme vrou, hoop sy sterk spoedig aan ♡

Geraldine ·

Hulle het net 2 honde…die rottweiler en border collie

Pop ·

Ek ly aan antropomorfisme (vermensliking van honde ) en sal dit baie sleg vat as een van my honde my moet aanval. Mense se bloed kinders doen soms net sulke slegte dinge aan hulle ouers. My hart bloei vir die dame. Alle sterkte bid ek haar toe

Delien ·

Pop, ja stem saam met jou! My eie bloedkinders skeur my hart so stukkend en was dit nie vir my hondjie wat my trane oplek nie, het ek weggespoel. Hul behandel my so erg,dat ek vandag verkies om by diere te wees, en nie my kinders nie.
Ek bid vir haar en ek glo dit is eerder n ongeluk. Mag sy volkome genees. Die Rotweiler moes geskiet word om haar te red, dis baie tragies.

Driekie ·

Ek lei ook aan daai vloekwoord!!!! Antropomorfisme! Baie jammer vir die dame se pyn en lyding, mag sy heeltemal herstel.? ook jammer oor die hond maar soms moet jy as mens met die hoër intellek daai keuse maak! ?Sterkte aan die dame op haar herstelpad!!?

Stem ·

Ek stem saam Stella… die honde het dalk begin baklei, en sy wou keer. My hondjies het op ‘n stadium so baklei, en dis klein hondjies! Een is ‘n kruising tussen worshond en iets, en die ander was ‘n yorkie (nie die petite soort nie – medium grootte). Ek het hulle probeer uitmekaar haal, en my yorkie het my aan die arm beetgekry. Nooit gedink ‘n yorkie kan so seer byt nie! Ek sit nou nog met die letsels, en dis nie dat hy my aangeval het nie, hy en die ander hond het begin baklei. Hulle raak so blind van “woede”, dat hulle nie eers agterkom wie hulle besig is om te byt nie……

Anita ·

Ivm rotties. Ek het ‘n hele aantal rotties geken (my oom en tannie het verskeie oorgeneem vanaf ander mense). En ja, elkeen was anders. Toe Raka en die reun saam aangehou was, was hulle terrors – jy loer net oor die verste muurtjie dan gaan hulle beserk. Maar toe hulle geskei word, en net Raka oorbly, was sy ‘n regte rustige teddiebeer. As jong dogter het ek graag langs haar gesit. Die volgende rottie (toe Raka heen is) was Winston. ‘n Vreemde intense rottie wat jou stip in jou oe gekyk het. Ek was maar effe lugtig vir hom. Dit was wel bekend dat hy mense van agter gehap het …

Madelaine ·

Ons ou rottie Duke het ook die manier om ‘vriendelik’ voor te kom maar sodra n vreemde Persoon verby hom stap knyp hy die persoon aan die boud ☹️Ons jongste Maxine is pleinweg agresief teeoor vreemdelinge maar beide bewaar en lief my kleinkind van 2 soos goud, laat hulle nooit ooit aleen maar hulle stap soos 2 groot bere langs haar as sy buite is, dis baie sad om te hoor, ek wens die vroutjie alle sterkte en beterskap toe. Warm Namibiese liefde

Lourens Kritzinger ·

Sterkte. Mag God jou wonde van binne en buite genees en antwoorde op jou vrae verskaf.

Kallie ·

Ek is baie lief vir honde. Kan iemand wat hierdie ras ken verduidelik hoe hulle, hulle eie eienaar kan aanval? Die hond moet mos sy eienaar liefhê en beskerm? Hoekom moet mens juis so streng wees met die honde,dit maak al klaar senuweeagtig.Ek sal nooit ,ooit my kleinkinders naby so ‘n hond toelaat nie,as iets hom sou trigger en hulle is naby? Ek verstaan dit is uitstekende waghonde, maar ek sal nie in vrees wil lewe vir die dag as hulle waansinnig word nie.

Willie ·

Kallie, google maar Rottie aanvalle op hulle eienaars… Dis gebeur nogals baie… Ek hou nie van hulle nie…. vir my maar ietwat agterbaks…

Theuns ·

Julle kan opkom soos julle wil vir n Rotweiler,dis seker die mees agterbakse hond wat jy kan kry,jy kan die hind glad nie vertrou nie,een of ander tyd gaan hy draai en iemand aanval!
Period!!!

André ·

Ek het by my vriend gaan kuier en hy en sy ma het heeltyd gesê ek moenie vir die hond bang wees nie. Daardie aand het die hond my wel gebyt. Toe my vriend ook hulle huis wou verkoop, het hy ‘n vrou gebyt wat na die huis kom kyk het. My vriend het sertifikate gehad teen sy huis se mure wat sê dat die honde opreg geteel is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.