Toestand van Vrystaat-gesondheidsorg ‘krimineel’

verwaarloosde-hospitaal-bed

Foto: Pixabay.com

Die Vrystaatse wetgewer het Maandag skokbewerings oor die toestand van staatshospitale in die Vrystaat gehoor tydens ʼn debat oor die provinsiale gesondheidsdepartement.

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse wetgewer, het gesê die lyding van pasiënte in die openbare gesondheidsektor is nimmereindigend. Volgens Wessels moet mediese personeel handskoene as toernikette gebruik, matrasbedekkers as doeke en lêerplakkers as pleisters omdat daar doodeenvoudig nie voorraad van hierdie basiese benodigdhede in staatshospitale is nie.

“Die tandheelkundekliniek by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein wag al sedert 2015 vir basiese voorraad vir tandstopsels. Voorts was daar gedurende die eerste paar maande van 2017 meer sterftes in die verloskunde-en-ginekologie-afdeling van Pelonomi-hospitaal as wat daar in die hele 2016 in dieselfde afdeling was,” het Wessels gesê.

Hy het bygevoeg hospitale se infrastruktuur is in ʼn jammerlike toestand en hospitale gaan boonop onder ʼn ongekende personeel- en medisynetekort gebuk. “Daar is egter steeds hardwerkende dokters en mediese personeel wat hul uiterste bes doen om die lyding van pasiënte in staatshospitale en -klinieke te verlig, ten spyte van reuse-hulpbrontekorte en gebrek aan ondersteuning van die staat,” het Wessels gesê.

Hy het Butana Komphela, die Vrystaatse LUR vir gesondheid, se onderneming om die krisis in die provinsie se gesondheidsorg aan te pak, verwelkom, maar ook opgemerk dat die voorgestelde Nasionale Gesondheidsorgversekeringsfonds nooit sal werk nie.

“Vir so ʼn fonds om te slaag moet die openbare gesondheidsorginfrastruktuur van hoogstaande gehalte en doeltreffendheid wees. Die versekeringsfonds kan ook nie ingestel word om geld te genereer nie, dit sal net meer druk op ʼn reeds mislukte stelsel plaas,” het hy gesê.

“Die regering moet sy prioriteite ten opsigte van die inwoners van die Vrystaat se gesondheidsorg agtermekaar kry. Hospitale is nie die plek vir kaderontplooiings nie en korrupsie in hierdie sektor kan nie ongestraf gelaat word nie. Die oplossing vir hierdie krisis is die regte prioriteite, sterk leierskap en beter bestuur. Die nalatigheid van die ANC met betrekking tot die stand van gesondheidsorg grens aan krimineel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Piet Pompies ·

Wat mens hier lees is skokkend, toevallig is ek gebore in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein en het eenkeer daarna weer die hospital besoek nadat ek as tiener my arm gebreuk het. In my geheue sien ek nog die netjiese skoon plek waar die X-trale geneem is en die gips aangesit is.

Ouma ·

My oudste dogter is daar gebore. En glo my, ek was soos ‘n koningin behandel. Alles was silwer skoon. Die verpleegsters en susters het na die pasiente omgesien, en die “pienk ladies” het die kassies mooi skoon gehou, mense badkamer toe gehelp, water aangedra….Dit is ‘n skreiende skande wat mens vandag sien.

Johann ·

Johann. Van n ander.Johann. Kan nie wees nie, die drein is verstop!

GES ·

Van die medikasie en voorraad word huistoe geneem omdat daar gevrees word dat dit moontlik gesteel kan word.

pieterdp ·

Wat het verkeerd ge gaan ????
Die is n hartseer geval van die ANC waar die goed oorskadie is met die kwaad.

Jean ·

Neewat daar is niks fout met die gesondheidsektor nie, daar is geen fout met die regering nie, daar is geen fout met EVKOM of die SABC of SAL nie. Die ANC en hulle kaders doen wonderlike werk, hulle maak nie foute nie, en wil ook nie raad hê nie. En so gaan alles agteruit en so word alles vernietig, die grootste probleem is DENIAL, solank as wat jy iets ontken, gaan jy nie iets daaraan doen nie. Sodra jy erken jy doen iets verkeerd, besef jy jy moet iets daaraan doen, en dan sal daar pogings aangewend word om ‘n verbetering of verandering aan te bring.

jennefer ·

Solank ons 7e Laan kan kyk, gaan dit goed ! Die meerderheid van ons wil nie weet wat in die land aangaan, ons kyk mos tv. ( ANC) LEES en BESPREEK maak oe oop.

Bokram ·

Sies Anc wat n skande,dan stem die mense nogsteeds vir julle,ek dank die here dat ek mediese fonds kan bekostig.

brens ·

Nie nuus nie; dit gaan orals so! alles vrot; gerot vervalle!!

snoefie ·

die hartseer is, bokram, vir elke een mens wie mediesefondse kan bekostig is daar ten minste 100 wat nie kan nie. of transmed pensioenarisse wie se mediesefondse hulle nie privaat hospital verblyf bied nie. dus n skreiende skande. maar die anc wil veel eerder van gordhan ontskae raak en GRONDINTEIENING SONDER BETALING n prioriteit maak. mense gaan mos vergeet om hospitaal toe te gaan as hulle eers LAND het. of dalk gaan dir LAND baie gerieflik kom met die verontregde, te nagekomde, ontsette blanke boer se mediesefondse. bid jou aan. leër-plakkers vir pleisters.

m ·

ONAANVAARBAAR dat n hospitaal is so toestand moet wees. Watse siektes tel mense nie daar op nie. Nee rerig ANC dis nou nie iets om op trots te wees nie hoor!!!!!

Pendoring ·

Werkende, funksionele hospitale en gesondheidsorg is oorblyfsels van kolonialisme. Dit moet tot niet gemaak word. Niemand het ‘n idee wat in die plek daarvan gaan kom nie. Sangomas? Moontlik. Solank dit net nie ‘n Westerse smakie het nie.

Sw ·

Dan swendel die sangoma nog duisende rande uit die armes! Ja boet, lyk my hul wil nie leer nie.
Word SA soos Zimbawe sal die mense nog lang trane huil oor dit wat hul verloor het.
Die ANC kon net voortgebou het en instand gehou het. Die infrastruktuur was reeds daar.

Jan ·

Die tipes tedense is by alle staats beheerde praktyke en besighede /instasies te sien.Hier by ons as jy verby die hof ry in ons hoofstraat staan die bossies skouer hoogte,al die geboue is verval en afgeleef,geen ordentelike instandhouding word mee gedoen nie,die sypaadjies staan die bosse ook hemel hoog,ons munisipale geboue is in gahotiese toestande,water,krag,hospitale so kan ek aangaan.Nerens mee is daar trots en vaardighede om dinge reg mee te doen nie.Dit is die realiteid in die hele SA.

Scalla ·

Derde rangse wereld te danke aan die anc, Dit word aan slegs 3 kriteria gemeet, gesondheiddienste, onderwys en opleiding en vervoer stelsel,
Al genoemde is een groot gemors.

Fritz mulder ·

Dit help nie meer mens kla oor die land nie. Alles goed is al klaar die afgrond af. Ek het nog altyd probeer om positief te bly oor die land maar genoeg is genoeg.

Johan ·

Nee hulle moet alles vernietig wat hulle aan die nalatenskap van kolonialisme herinner! Kolonialisme was mos net sleg!

Ria Meijer ·

Wat anders kan ons verwag. Kyk hoe lyk dit noord van SA. Een groot gemors, waar daar n swarte in beheer is verval alles. Hulle is so gewoond om net alles verniet te kry. Dink seker die put raak nooit leeg nie.

Piet Pompies ·

Laat mens nogal wonder hoekom instansies soos SARS in die nuutste geboue is en een van die beste staats instansies is……
Die kanaal vir inkomste moet 100% werk anders kan korrupsie nie voorgaan.

CR ·

Hoeveel jaar is ANC al in bewind? Hoeveel jaar sien,praat en identifiseer ons al hierdie wanbestuur,geen ruggraat korrupte regering van ons land? En hoe lank gaan ons belasting betaal aan hierdie ruggraatlose regering wat als wanbestuur,besteel en en en? Maar identifiseer kan ons goed doen al vir jare lank,en ons laat toe dat die korrupte regering daarmee wegkom en die belasting betaler se geld wanbestuur en besteel om die ANC te verryk! Vat gaan daar gevat word ongeag wie in die slag bly.

Magda ·

Ek dink die ministers en selfs die president MOET die staatshospitale/staatsinstansies ondersteun vir hulle mediese dienste ens. Geen Discovery of watter ander mediesefonds of privaat hospitaal/kliniek se dienste vir hulle nie. Dalk, net dalk gaan dit beter. Die staatshospitale in elke dorp se toestande/dienste gaan net agteruit en kos ons, die belastingbetaler en die staat net geld. Kyk wat het Carte Blanche en die mense met die goeie harte en oop hande gedoen – en nou – wat nou…………… Nee wat, stuur hulle na hulle eie instansies toe dan sal ons sien wat gebeur.

Elsabe ·

Dis waar wat hulle sê van’ handskoene as toernikette’….. ek was 13 dae in een van die Lifemed hospitale en in ICU het hulle van handskoene gebruik gemaak al was daar ordentlike toernikette. As gevolg daarvan het ek met liederlike pers merke oor albei arms huistoe gekom en was te skaam om mense te ontvang vir ‘n maand lank.
Dis soos mishandeling hierdie en dan het hulle dit afgelag as daar gekla is dat dit werklik seer maak

Theresa ·

EN? Wat is nuut daaraan? Die meeste staatshospitale lyk so, nie net die Vrystaat s’n.

Penelope ·

Dis mos nou iets om voor op te staan en te baklei. Maar ons spandeer ons tyd aan dinge soos aan wie die land nou eintlik behoort…. Mog die mense sien wat gebeur met die land terwyl ander lekker in Paleise vir huise bly en enige plek kan instap vir mediese behandeling. Gesondheidsorg is een van die belangrikste dinge in ons lewens, maar daar was seker ‘n geslapery aan die gang toe dit onder bespreking was….Ai dit maak mens moedeloos!

Ella ·

Ek daag ALMAL uit om die Staatshospitale in julle dorpe of stede te gaan besoek en julself te vergewis van wat presies daar aangaan. Dan kan julle ophou spekuleer en die harde werklikheid en WAARHEID beleef. Op sommige plekke is dit angswekkend! As jy of jou geliefdes daar as pasiënt opgeneem moet word, stuur iemand saam wat na jou kan omsien.

Marie Visser ·

Zuma is besig om van kolonialisme afstand te doen, dis hoekom die land in so ‘n verval is. Solank sy en vriende en familie se sakke vol is gaan dit goed in die land. Hy beweeg nie op die vlak van die gewone landsburger nie, hy kry van die beste diens op alle vlakke nou dink hy dis oral so. Die man is wragtag enig in sy soort – breinloos.

Almal suffer ·

Wat vir my die ERGSTE Is is dat die anderskleuriges sowel as die blankes sonder mediese fondse onder hierdie HAGLIKE omstandighede behandeling moet ontvang. Ons werkers het ons al horrible stories vertel van hoeveel ure hulle daar deurbring, en hoe hulle later maar weggaan en die volgende maand maar weer probeer. Dit is as daar nie nood is nie, as daar nood is, het hulle al gesien hoe gaan mense van kleur VOOR hulle oë dood in die trauma-afdeling terwyl verpleegsters vir hulle sê daar is niks met die man verkeerd nie. Hoe die bloed vloei in trauma eenhede, hoe meer as een vrou wat KRAAM op ‘n bed moet lê en hulle kinders in kartonboksies gesit word .. WEL . .weereens as HULLE nie kla nie, wie gaan iets daaraan doen? Hulle lyk heel happy daarmee, my skoonmaker se vir my as hulle REGTIG raadop is betaal hulle maar ‘n pvt GP en kry die regte behandeling. HOEKOM KLA HULLE NIE NOU SOOS IN APARTHEIDSJARE NIE?????

Caja ·

Sedert 1994 is daar nog net mooi niks in Suid Afrika tot stand gebring, opgerig, verbeter of positief bevorder nie. Alles gaan ten gronde, word afgebreek, afgebrand, gevandaliseer, gesteel, doodgemaak, opgevreet, armoede het skrikwekkend toegeneem, misdaad vier hoogty en korrupsie is aan die orde van die dag. Standaarde het tot in die grond in geval en dit wat nog oor is word daagliks afgebreek en verwoes. En die ergste van alles is dat ons regering dit as normaal en reg beskou. Kan ‘n enige mens met verstand so kortsigtig wees en nie sien dat hierdie oefening nie werk nie?! Dis absurd!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.