Toestemming gegee vir Jehovah Getuie se bloedoortapping

Argieffoto (Foto: docbuzz.fr)

Argieffoto (Foto: docbuzz.fr)

Die Durbanse hooggeregshof het ʼn dokter in KwaZulu-Natal toestemming gegee om ʼn bloedoortapping te doen vir ʼn 10-jarige meisie wie se ouers Jehovah se Getuies is, het die Saturday Star berig.

Dr. Monica Vaithilingum, ʼn pediatriese hematoloog, het die Sentrum vir Kinderwette in Pretoria genader nadat die meisie se ouers geweier het om toestemming te gee vir ʼn bloedoortapping, weens hul geloof.

Die kind is in Februarie gediagnoseer met ʼn lewensgevaarlike outoïmmuun-siekte. Sy was bloedarmoedig en het ʼn bloedafwyking gehad.

Volgens die dokter was ʼn bloed- en plaatjieoortapping noodsaaklik om die kind te stabiliseer en behandeling te begin.

Die kind se toestand het dramaties verbeter nadat sy die behandeling ontvang het.

“Ek het ʼn pligsbesef gehad, maar wou steeds die ouers se geloof respekteer. Ek het gedoen wat ek moes doen,” het Vaithilingum gesê. Die Sentrum vir Kinderwette het ʼn advokaat Donderdagaand opdrag gegee om toestemming van die Durbanse hooggeregshof te bekom. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Hoop net nie die Jehowah-gemeenskap gaan nou die arme kind en haar ouers verwerp nie. Het al ril-stories gehoor oor die saak.

Gaan google bietjie hierdie. Julle sal geskok wees.

Sollie ·

@AmY – lees gerus ook die boek Die Getuie deur Christine Barhuizen-le Roux – jy sal jou hande saamslaan.

Sollie ·

@AmY – lees gerus ook die boek Die Getuie deur Christine Barhuizen-le Roux – jy sal jou hande saamslaan.

AmY ·

@Solly – ek het die boekvoorlesing op RSG gevolg. Ek was verstom.Het somtyds byna van my stoel afgeval van skok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.