Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, sê dit is ‘n nuwe prosedure wat ingestel is.
Hy sê die maatreël is ingestel na ‘n onlangse besluit deur die kabinet. “Die regering het reisigers aangeraai om nie na Liberië, Guinee of Sierra Leone te reis indien dit nie noodsaaklik is nie. Wanneer dit egter noodsaaklik is, moet daar toestemming gekry word van die relevante owerhede.”
Tlali sê daar moet toestemming versoek word van die nasionale departement van gesondheid. “Alle versoeke moet aan die direkteur-generaal van gesondheid gerig word.” Hy sê die versoeke kan per e-pos aan Frew Benson gerig word by [email protected] of [email protected].
Tlali sê reisigers moet al hul persoonlik besonderhede, besonderhede van naasbestaandes en redes vir die reis verskaf. Hy sê reisigers moet ook ‘n vraelys invul en saam hul versoek deurstuur.
Die departement van gesondheid sal dan laat weet of die aansoek suksesvol was of nie.