Toeter: Die eerste Afrikaanse sosialemedia-platform

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

‘n Video volg onderaan die berig. Die eerste Afrikaanse sosialemedia-platform, toeter, is Donderdag bekend gestel.

“Marknavorsing dui daarop dat toeter ‘n raakvat potensiaal van een miljoen gebruikers het met ‘n ooreenkomstige maatskappywaarde van R450 miljoen,” het Frans Roelofse, stigter van toeter, gesê. “Ons is baie opgewonde om toeter voor te stel aan almal wat Afrikaans se belange op die hart dra.”

Roelofse sê hulle het hard gewerk om ‘n platform te skep wat nie net kan kers vashou by sy Engelse eweknieë nie, maar selfs die stof in hul oë kan skop in terme van gebruiksgemak en slim funksionaliteit.

“Die voordeel van toeter is sy eksklusiwiteit aan die Afrikaanssprekende taalgemeenskap,” meen Roelofse. “Die platform gaan ‘n magdom geleenthede en innoverings meebring in sy rol as onder meer ‘n advertensiemedium vir die Afrikaanse sakesektor en kommunikasiemiddel vir skole, leerders en studente.”

‘n Slimfoon-toepassing sal glo binne die volgende paar weke sy verskyning maak.

Besoek www.toeter.com om te registreer en te begin toet!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

178 Kommentare

Shannon ·

Wonderlik ! So kom ons kyk of ek kan registreer en iemand volg …. oeps, nee ! Die websaait werk toe nou nog nie. Ons sal vir eers moet vas staan met daai miljoene. Herinner my so veel aan Oranje Kas, die ‘bank in Afrikaans’ wie niemand se navrae beantwoord nie.

VerVanRyn ·

ek was ook onder die indruk dat hy nie werk nie, maar gaan loer eers na jou epos om jou rekening te aktiveer.

Kontekskaptein van Toeter ·

Ons probeer om almal te antwoord, maar moet bieg ons is meer as net bietjie oorweldig deur al die besoeke aan toeter. Ons werk deur nag om al die kreukels uit te stryk en hoop om jou sommer nou-nou weer te sien.

Daantjie Maartens ·

Misplaasde optimisme.
Die ‘agter die skerms’ gewer van opdragte aan die groot uitveer – het reeds haar BB-tentakels ook hier ingeslaan. ( Jy’s gevolglik n “null” – en ek n “void”. )
Die hand-oppie-blaas-foxtrot is endemies. Verwag maar n same old same old van “baie dankies en sterkte aan die familie” scenario.

VerVanRyn ·

Dit is bekendgestel…maar het nog nie in werking getree nie

Kontekskaptein van Toeter ·

Soortvan korrek VerVanRyn. Ons het 1 Mei met volle stoom afgeskop, maar die massas het op ons toegesak (waaroor ons natuurlik oorstelp is van vreugde) en ons sisteme het so bietjie wankelrig geraak onder al die druk van die verkeer, nes die N2 om 8 vm in Kaapstad in op ‘n reënerige Maandagoggend.
Ons werk dat die sweet ons aftap om so spoedig moontlik al die ongewensde kinkels uit te stryk.

Rina ·

Ek het julle gesien op Kyknet!! Baie geluk Afrikaans rock en ons gaan almal toeter

Carla ·

Wonderlik kan nie wag om te toet! Hoop die registrasie werk binnekort. Afrikaans BO !

rinie ·

Danki kyknet wat toeter aan ons bekend gestel het. Wonderlik!!!

christa ·

wil graag aansluit, ons was jare lank onder die anc se sanksies en ons stem is onderdruk in die wereld, nou wil ons ons stem verhef en veg vir ons afrikaner regte

Marina ·

Dankie KykNet vir julle onderhoud – nou kan ek ook vir die eerste keer aan sosiale kommentaar deelneem. Ek weet nog nie wat om te se of te doen nie, maar tyd sal leer of ek gaan/kan deelneem

Henry ·

Hoop ons gaan nie net weer met n sinlose geklets opgeskeep sit nie. Mense wat niks anders kan doen nie. Wat van n “plek” waar senior burgers hulle doendinge kan kommunikeer?

Marieando ·

Eks Geregistreer!!! Yippee! ,maar ek kan nie my kiekie laai nie??? Help asb!!

Petro Swannepoel Joubert ·

Baie geluk aan die mense verbonde aan die nuwe toeter blad en dat dit in ARIKAANS. Baie bly om deel hier van te wees.E sien uit hierna verder.

Tertius Vosloo ·

Ek maak gebruik van Vodafone, Opera Mini – ek kan nog nie enige data op my selfn skerm kry nie (empty screen) t.o.v. Toeter – hoe lank gaan ons nog wag? Dis amper al die 3de!

Barend ·

In Afrikaans Lekker man lekker, ek kon registreer om te toet maar gaan bietjie opleiding nodig kry, hoop die toeterbestuurder gaan al die wenkies in normale stap vir stap Afrikaans vir ons verduidelik, van die vas druk tot die laat los.

emile ·

Hoekom ‘n verbeeldinglose naam soos toeter? As ‘n span kundiges so lank en hard werk aan iets ordentliks, waarom dit gaan opmors met so ‘n ondeurdagte en kommin naam? Jammer, hoe lief ek ook al vir Afrikaans is en dit graag wil bevorder, kan ek my eenvoudig net nie vereensewlig met so platvoerse naam nie. Ek is ‘n voorstander vir iets wat funky en mod en hip en cool is, maar toeter? Nee wat.

Hou eerder ‘n nasionale kompetisie om ‘n gepaste naam te kies

Tania ·

Was baie opgewonde om te registreer. Maar o wee, die blaaie ‘load’ baie stadig. As ek op ‘settings’ wil druk kan ek nie. Dalk is dit maar net ek wat sukkel, want hoe anders het die res dit reggekry om foto’s te plaas en als. ‘N Versoek: Wat van BB, Iphone,nokia ens Applikasie vir Toeter? Sal baie beter wees.

Elsabe ·

Baie geluk Francois – een van die dae toet ons van die slimfone af!! Ek hoop om ordentlike Afrikaanse boodskappe te lees en nie eers die boodskap te probeer ontleed wat uit afkortings bestaan nie!!

Tertius Vosloo ·

Ag nee wat, ek sukkel my gat lam om te registreer as lid van Toeter, vanaf 1 Mei tot vandag – nee wat, dis net n sorry lot, try maar n sangoma, blanc screen all the way – Toeter het sy gat gesien soos apartheid – goodbye for ever, julle sien my nie weer – ek verkies sites wat werk soos twitter en fb!

Johan Nel ·

Ek kry nie aangesluit op Note 3. Ek kry skoon skerm met iets aan die kant. Lyk of dit nie pas nie.

Leon Mc Cabe ·

Dankie vir die lees. Al wat ek kan sien is almal wil weet hoe registreer mens. Waar oor mag ons komitaar lewer?

Marina ·

Stuur asb vir my ‘n epos wanneer dit OK is om te registreer. Dankie baie.

Johan ·

Wanneer gaan dit nou plaasvind en is dit beskukbaar om cell phone

Corrie Greyvenstein ·

Veels geluk! Maroela is almal al weer een voor. Ek glo dit gaan ‘n groot sukses wees.

francis leibrandt ·

sien uit na hierdie afrikaanse program. Daar is baie min programme behalwe op kyknet wat in ons taal aaangebied word.

Meisie ·

Dit is baie goeie nuus, net een ding….. ek hoop werklik nie dit gaan net weer `n platform word waar mense vieslike taal gebruik en vloek nie.Ons is nie almal platvloers nie, so hou Toeter skoon asb!!

Tertius ·

Wat het toe geword van “TOETER” – bestaan dit nog, geen radiostasie noem iets van toeter nie – n stille dood gesterf, selfs op Facebook gaan daar niks aan nie – ek’t van die begin af gesê dis n doodgebore baba!

Petro van Niekerk ·

Lekker!!!!
Nou kan ons oor die lug kla en knor,kuier OF mor……
Kos vir die siel deel of sommer net Jannie-jammergat speel.

wj smit ·

Toeter is die beste vanaf facebook hier is maar toeter is hier om te nly

Dawid ·

Ek gaan definitief probeer aansluit en kyk waaroor dit gaan. Hoop dit gaan net so goed wees soos Facebook.

Rodney Abrahams ·

Dit is n puik idee om in afrikaans te kan praat op die web

tommie ·

Trots AFRIKAANS? En dit is waarmee ons opkom? Nee dankie. En o ja afrikaans kan nie “rock”, as dit eg is nie.

daleen ·

Ek kan regtig nie wag nie om te kan se wat ek dink nie en mense sal verstaan wat ek bedoel. Liefde groete daleen

venessa ·

Hierdie webwerf is rerig awesome..dis rerig uitstekend ek kan rerig nie wag om te registrEer nie eks bly KykNeT…het vir ons n webwerf gegee wat ons lekker AFRIKAANS kan gesels….

Daleen ·

Wat dink julle van iemand wat hom/haarself met elke woord ophemel of altyd in die kollig wil wees?

Talischa ·

Sal fantasties wees as ek dit op Play Store/App Store kan aflaai!!

Etienne ·

Niks wen my awesome taal!! Afrikaans is die beste!!!! So bly dis my taal!!!!

Francis Herselman ·

Ek kry dit glad nie reg om te registreer by Toeter.com,wil baie graag,dankie

Jorita Burger ·

Kan iemand my dalk help en se waar, en hoe ek op toeter registreer? Of kyk ek net die icon mis?? Noem my maar dom met die klas goed, maar ek wil ok saam kuier in my taal….lol

Patricia ·

My kommetaar vir vandag is om vir God onse hemelse Vader te se dankie dat Hy ons land met soveel wonderlike talent volle mense geseen het en ek se Amen vir nog meer

melinda ·

Bly ons kan weet in Afrikaans gesels.Baie afrikaaners wil mos nou verengels waar gaan die trots heen.Afrikaans bly bo.

danelle ·

ek dink die toeter is awsome .. Nou kan almal met almal gesels …

elsa ·

ek het definitief ‘n goeie toeter nodig vir die pad wat ek elke dag werk toe ry, toet toet!!

Jan Hendrik Hattingh ·

Ek is ň afrikaner so ek is trots op my taal

Giel Pretorius ·

Die Springbokke se agterlyn staan nie 45 grade nie en hulle kan dus nie met spoed die verdedigingslyn breek nie. n Verdere problem is individuele spel.wat veroorsaak dat die vluels nooit die bal sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.