Toetsbeamptes vas oor korrupsie

Twee werknemers van ʼn privaat voertuigtoetssentrum in Limpopo is in hegtenis geneem in verband met beweerde korrupsie.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Vrydag gesê die beamptes het glo sertifikate uitgereik vir voertuie wat nooit getoets is vir padwaardigheid nie. “Die twee beamptes, ʼn eksaminator en ʼn datainvorderaar van die Thulalushaka-voertuigtoetssentrum, is Donderdag in hegtenis geneem deur ʼn span ondersoekers van die RTMC.”

ʼn Identiteitsdokument van ʼn onskuldige persoon is na bewering ook in die vervalste transaksies gebruik om die indruk te skep dat die persoon die voertuie afgelewer het om getoets te word, aldus die verklaring.

Die werknemers sal na verwagting Maandag in ʼn hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

WP ·

daar is nie meer n Dept in die staatsdiens wat nie onder korrupsie deurloop nie. Hierdie al hoe wel goed is ten einde net om aandag af te lei van die grootste issues.

Johan H. ·

Stem saam ,hulle pik op die klein vissies maar die kabinetskelms hou aan eet!. By name zumax2. Sabc se man en molefe net om n paar te noem.

Fiela ·

Hierdie is nie Staatsdiens nie. Dit is n privaat instansie.

JC ·

Die uitreik van RWC’s sonder om die voetuie te toets gebeur oral.

Marius ·

Fiela, wys net hoe lees die mense. Maar die mens vergeet, dit is nou die motoris en algemene publiek, glo mos dat hulle nie korrup is as die omkoopgeld gegee word nie. Is nie net die staatsdiens amptenare wat korrup is nie. Die een wat gee en die een wat vat, is die gemors in die samelewing…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.