Toetslopie glo vir algehele verdonkering

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandag glo ʼn landwye simulasie-oefening gehou om te toets wat sou gebeur indien ʼn algehele kragineenstorting sou plaasvind, het die City Press berig.

Volgens die koerant is die oefening, genaamd Exercise Breaking Dawn, gehou om te toets hoe nooddienste sou reageer en hoe so ʼn krisis aan die media en die publiek gekommunikeer kan word. Die City Press het berig sommige waarnemers meen dit is ʼn teken dat Eskom homself vir die ergste scenario voorberei.

Volgens Eyewitness News het Eskom egter gesê dit was ʼn geskeduleerde, algemene toets wat volgens sy mandaat gedoen word om seker te maak dat die stelsel ten volle funksioneel is. Volgens EWN het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê die toets behoort nie enigsins ʼn verrassing te wees nie, aangesien Eskom bloot doen wat van die organisasie vereis word.

Bron: City Press, EWN
Lees ook: Rapport, My Broadband

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Hulle sal nooit oopkaarte met ons speel nie totdat ons algehele verduistering het en dan sal apartheid steeds blameer word. Wees net eenmaal openlik met ons en se wat die ware stand van sake is asb.

Bleskop ·

Gerhard, ek stem saam. Ongelukkig kan ons niks meer glo wat hulle kwytraak nie, want hulle lieg te veel. Dalk is dit n regte “oefening”, maar wie weet wat deesdae die waarheid is of nie?

Bleskop ·

Gerhard, ek stem saam. Ongelukkig kan ons niks meer glo wat hulle kwytraak nie, want hulle lieg te veel. Dalk is dit n regte “oefening”, maar wie weet wat deesdae die waarheid is of nie?

Bleskop ·

Gerhard, ek stem saam, dalk is dit n geskeduleerde oefening, maar ons sal nooit weet nie, hulle lieg te veel.

Gert van der Merwe ·

Luk vir my Ramalkajie het nou by shower head en Mc Garage leer lieg ook. Dan weet die pres. en Mc garage nie eers van al daai chopper vlugte van famielie en vriende van en na Zumaville nie. Zuma se ” i dont see evels, i dont hear evels en i only speek evels”

CHRISTA ·

Daarom rafel ons land so uit, want die regering weet nie eers wat onder sy neus aan die gang is nie!!! All National Collapse!!!!

boer ·

Toetslopie se dinges man, hulle oefen dit nou al, want hulle weet dit is oppad. Dit sal die dag wees,wat Suid Afrika totaal gesink word. Weet julle mense watse chaos dit gaan veroorsaak,
en watse effek dis sal he op die stabilitiet van die land.

Skakel maar in by organisasies wat hierdie ding al jare sien kom het en daarvoor voorberei het

anon ·

ons was vir 2 dae soner krag pikgatdonker als eskom se skuld

Peet Schabort ·

Wat van ‘n toetslopie om net vir een dag nie te staak en te sien wat is die resultaat? Daar moet dan egter gewerk word en nie gesit en bolle rol. Dit sluit diegene in met die bonusse.

Gert ·

As ons die blackout nie kan stop nie moet ons maar in join. As die stad dan pik nag donker is moet ons maar saam met die zoempie kiessers daar in vaar. Dink ons kan in ons huise n facelift maak nuwe meubels en baie kos. O ja, moet nie by bottelstoor met lee hande verbygaan nie. Terwyl zoempie en mc garage ondergrondse bunker gehou word en dalk teen mekaar begin lieg.

Charlene ·

……. so ons hier in Sunnyside is nie deel van die land nie en ook nie deel van die toets loop nie…….. Die krag was van 06:30 nog nie vir `n kwart sekonde af nie. Eskom hou op …. gras praat man – sê julle het droog gemaak en dis nie apartheid se skuld nie dis julle skuld omdat JULLE die bekwame mense afgedank het en mense met `n IK van -05.8 aangestel het. Daar is van die mense wat vir eksom werk wat nie eens sal weet hoe werk `n toaster nie!!!!!! Maar nee ons stel hulle aan.

Afrikaner ·

Dit is mos nou i lekker venster periode vir die draadklimmers en muur springers om te oefen.
Hulle beweeg in Taxis waar hulle lord of darkness (Eskom) hulle vertel waar die elekrtiese heinings en alarms af sal wees en vir hoe lank en ook watter tyd van die week.

Dit hou die leiers van more fiks en gesond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.