Toetssentrumbeamptes vas vir bedrog

Een van die beamptes word in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Vier beamptes van die toetssentrum in Germiston is Vrydag tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die sukses spruit uit ʼn gesamentlike poging deur dié departement, die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) en die polisie.

“Owerhede het ná ʼn deeglike ondersoek, wat verlede jaar van stapel gestuur is, vasgestel die verdagtes was vermoedelik daarby betrokke om uitstaande verkeersoortredings aan mense wat dood is toe te skryf om dit sodoende op ʼn bedrieglike manier te verwerk. Dié soort misdryf, wat by verskeie toetssentrums landwyd plaasvind, kos die land nagenoeg R80 miljoen,” het Morwane gesê.

Volgens Morwane is soortgelyke klopjagte Donderdag in Bedfordview en Alberton uitgevoer, waartydens vyf beamptes in hegtenis geneem is.

Die nege verdagtes moet binnekort in die hof verskyn. Meer inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Welkom in ons land. Nuwe Suid Afrika. Korrupsie op sy beste.

Die Skim ·

Dit gebeur wanneer jy wolwe skaapwagters maak – gaan kyk maar mooi 90% van die verkeers sentrums familie franchises

Johan H. ·

Mooie man, maar wanneer gaan die groot visse tronk toe,, Soos zumpie en daaie ou van die sabc, en die res van die kabinetskelms????lyk of daar op die kleintjies gepik word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.