Nege lede van die Ses’khona Peoples Rights Movement is Donderdag in die Bellville-streekshof skuldig bevind nadat hulle menslike uitskot by Kaapstad Internasionale Lughawe gestort het, berig EWN.
Die mans het op 25 Junie 2013 hulself as passasiers voorgedoen en emmers vol uitskot wat in swart plastieksakke versteek is, in die vertreksaal van die lughawe gestort.
Landdros Nonkosi Saba het bevind die mans het die Wet op Burgerlike Lugvaart oortree. Hulle kan tot 30 jaar tronkstraf gevonnis word.
Bron: EWN
Lees alle vorige berigte oor die toiletprotes op Maroela Media.
Laat hulle vir 30 jaar lank elke dag in die gevangenis toilette skoonmaak.