Toiletprotes: Nege mans skuldig bevind

Die betogers het op 25 Junie 2013 menslike uitskot in die vertreksaal by die Kaapstad Internasionale Lughawe uitgegooi. Foto: @StueyMax/Twitter

Die betogers het op 25 Junie 2013 menslike uitskot in die vertreksaal by die Kaapstad Internasionale Lughawe uitgegooi. Foto: @StueyMax/Twitter

Nege lede van die Ses’khona Peoples Rights Movement is Donderdag in die Bellville-streekshof skuldig bevind nadat hulle menslike uitskot by Kaapstad Internasionale Lughawe gestort het, berig EWN.

Die mans het op 25 Junie 2013 hulself as passasiers voorgedoen en emmers vol uitskot wat in swart plastieksakke versteek is, in die vertreksaal van die lughawe gestort.

Landdros Nonkosi Saba het bevind die mans het die Wet op Burgerlike Lugvaart oortree. Hulle kan tot 30 jaar tronkstraf gevonnis word.

Bron: EWN
Lees alle vorige berigte oor die toiletprotes op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Laat hulle vir 30 jaar lank elke dag in die gevangenis toilette skoonmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.