Toilette by Louis Trichardt glo vir rasgroepe geskei

toiletpapierDie Menseregtekommissie (MRK) ondersoek bewerings dat toilette by ʼn sakeonderneming in Louis Trichardt, Limpopo glo vir verskillende rasgroepe geskei is.

Die Sowetan het Woensdag berig huurders by die Vleissentraal-kantoorblok in die dorp het ʼn vergadering saamgeroep omdat hulle glo aangesê is om aparte toilette te gebruik.

Die huurders het aan die koerant gesê hulle het genoeg gehad van die afsondering en vernedering. “Daar is vier toilette in die gebou,” het ʼn sakeman, wat anoniem wou bly, aan die koerant gesê. “Een is vir swart vroue, een vir swart mans, een vir wit en bruin vroue, en die laaste een word deur een wit man gebruik. Die toilette is ook altyd gesluit en ons moet die sleutel by ʼn wit vrou aanvra as ons dit wil gebruik.”

Ander huurders, wat ook nie hul name bekend wou maak nie, het met die koerant gepraat oor die beweerde rassisme wat daar plaasvind.

Pogings deur die Sowetan om kommentaar van die gebou se eienaar te bekom was onsuksesvol.

Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die kommissie is bewus van die beweringe en ʼn span is na die dorp gestuur om die bewerings te bevestig. “Indien dit waar is, sal ons dadelik ʼn ondersoek van stapel stuur,” het Mangena gesê.

Mangena het gesê dit is skokkend dat daar steeds 20 jaar ná apartheid gerugte is dat geriewe slegs vir die gebruik van wit mense is. “Ons wil dit graag beklemtoon dat rassisme geen plek in ʼn samelewing soos ons sʼn het nie. ʼn Samelewing wat pas uit jare van staatsondersteunde rassisme kom. Ons moet alles in ons vermoë doen om dit uit te roei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zahn ·

black lawers assosiation? BEE? Hou aan met die lysie wat witmense (en bruin) totaal uitsluit, oor die velkleur en niks anders nie. Hier praat ons van ‘n vertrekkie van 1.5 x 1.5m, en daar is ‘n bohaai daaroor. Die ironie hier laat my lus voel om self ‘n toilet te besoek.

Nadia ·

wil net regstel dat enige prokureur aan die BLA kan behoort, vir jare lank al. BEE bevoordeel wit vrouens ook…. maak seker van jou feite.

pop ·

Die geriewe is mos daar vir hulle ook, selfde gebou, Ek glo die eienaar kan mos self oor sy gebou besluit, dis syne om te maak soos hy goeddunk. My toilet is ook net vir witmense. finish en klaar.

CAV ·

Ek glo die kwaliteit van die geriewe was presies dieselfde.
Was die een gerief vir Wit mense dan byvoorbeeld beter as die wat beskore was vir Afrikaan – en Bruin mense?.
Was een ras dalk benadeel hierdeur, of het n ander ras meer voordeel hieruit getrek?
Ek dink nie so nie
Die Afrikaan het egter meer geriewe as die ander ( twee toilette )

david ras ·

dit lyk vir my die Mangena kerel het ‘n begripsprobleem.—“…20 jaar na apartheid …..geriewe is slegs vir witmense”. En die twee geriewe wat SLEGS vir swartmense is ? M.a.w die wittes mag ook nie wat vir swartes geresrveer is gebruik nie. . Hy maak nie beswaar teen die wat slegs vir swartes gereserveer word nie, dis OK., maar teen die wat vir wittes gereserveer word…..

Dit is eintlik maar dieselfde as die kwota stelsel wat nou so vryelik toegepas word–soveel plekke geresrveer vir swart spelers in ‘n span..Gereserveer vir blankes is nou gereserveer vir vir swartes !
tot in die toilette !
Swart Apartheid …….

Estelle ·

stem absoluut saam met jou skrywe, orals in sport word daar nou gepraat oor kwotas (veral waar meerderheid blank is) maar in sokker word dit nie genoem nie! as ek my eie onderneming het, kan geen MRK vir my kom vertel hoe ek dit moet bestuur nie! dit is hoekom daar geen vooruitgang in SA is nie want hulle klou so aan “rissisme” en staar hulle blind vir dit wat wel saak maak! soos dat ons ‘n krag krisis beleef en vele meer!

scalla ·

die eienaar kan seker besluit soos hy wil, dis sy eiendom, kom asb by in die lewe!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.