Tokai-moord: Beskuldigde wil borgtog vra

Die Tokai-woud. Foto: Skermskoot van Google Maps

Die Tokai-woud. Foto: Skermskoot van Google Maps

Die vier mans wat aangekla is vir die verkragting van en moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger, se saak is tot aanstaande maand uitgestel.

Die beskuldigdes sou voor landdros Hafisa Mohamed in die Wynberg-distrikshof verskyn het, maar sy was nie Woensdag beskikbaar nie. Hulle het toe voor landdros Goolam Bowa verskyn.

Een van die mans, Howard Oliver, gaan tydens die vier se volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen.

Blöchliger se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf het en nie weer teruggekeer het nie. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon Blöchliger is verkrag. Sand is in haar keel gevind en wurgmerke aan haar nek. Sy het glo versmoor toe haar gesig in die grond gedruk is.

Vier verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem. Die tweede beskuldigde, Jerome Moses, en die vierde beskuldigde, Daniel Easter, is vroeër op borgtog vrygelaat. Oliver en Jonathan Jonas het vroeër aangedui dat hulle nie om borgtog gaan aansoek doen nie.

Hulle word van moord, roof met verswarende omstandighede en verkragting aangekla.

Staatsaanklaer Rene Uys het intussen aangedui dat hulle Oliver se borgtogaansoek sal teenstaan. Sy het ook gesê hulle is besig met pleitooreenkomste.

Moses se borgtogvoorwaardes is intussen verslap sodat hy dwelmrehabilitasie kan ondergaan.

Die vier beskuldigdes moet weer op 6 Desember in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CAROL ·

HOE KAN MOORDENAARS NOG VRA VIR BORG – EN DAN GEE DIE HOF DIT?????

Francis lInstrOM ·

Hoekom kry misdadigers wat reeds positief verbind word met moord, verkragting, aanranding enige vorm van mishandeling van kinders, bejaardes of enige ander mens of dier borgtog?????

jaco ·

die arme meisie se ouers het dubbele burgerskap. ek dink amper die ander burgerskap is in Switserland. Dis jammer dat hulle besluit het om hulle te vestig in die land met die hoogste misdaadsyfer ter wêreld. Eks bereid om al my tande op een slag SONDER verdowing te laat trek, as dit sal beteken ek kan daarna definitief permanente verblyfreg of burgerskap kry in ‘n land met ‘n laer misdaadsyfer, geen korrupsie, geen beurtkrag, geen regstellende aksie, geen sinnelose moorde, geen motorkapings, geen Nkandla’s vir regeerders ens ens.

Alida ·

Hy wil net weer iemand gaan verkrag of vermoor. Los hom in die tronk waar hy hoort.

snoefie ·

franziska kan nie “borg” sodat sy kersfees met haar gesien en geliefdes kan deurbring nie. hoekom kan hulle? wee jy. kangaroe courts here we come.

Geraldine ·

Die slagoffers kry nie weer kans vir ‘n lewe nie, hoekom moet die moordenaars en verkragters??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.