Tokai-moord: Beskuldigdes hoor oor borgtog

Franziska en haar ouers.

Franziska en haar ouers.

“Hierdie misdaad is een van die gruwelikste en gewelddadigste misdade wat ek in my loopbaan moes aanhoor.”

Só het landdros Hafiza Mohamed Vrydag gesê waar vier beskuldigdes in die Wynberg-landdroshof verskyn het op aanklag van die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger.

Mohamed het borgtog van onderskeidelik R2 000 en R1 000 aan twee van die beskuldigdes toegestaan. Die ander twee beskuldigdes het reeds vroeër aangedui dat hulle nie om borgtog sal aansoek doen nie. Een van hulle word verbind met ʼn ander saak van moord, verkragting en roof, terwyl die tweede een versuim het om in die hof te verskyn op ʼn vorige geleentheid in verband met ʼn ander saak.

Volgens Mohamed het sy geen keuse gehad as om borgtog aan die ander twee beskuldigdes toe te staan nie, aangesien die staat se getuienis nie genoeg was om buitengewone omstandighede te bewys waarom borgtog geweier moet word nie. Franziska se gesteelde selfoon is in die twee beskuldigdes se besit gevind ná haar moord en dit was op grond hiervan dat die staat versoek het dat die verdagtes se borgtog geweier word.

“Ek voel saam met die gemeenskap en verstaan dat hulle nie graag wil sien dat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word nie. Ons moet egter nie uit die oog verloor nie dat enige persoon wat vir ʼn misdaad aangekla word, onskuldig is totdat skuld bewys is,” het sy gesê.

Uitroepe van verbasing is in die hof gehoor toe Mohamed haar uitspraak gelewer het en buite die hof het ondersteuners van Franziska se familie gesê hulle is woedend en geskok oor die uitspraak.

Franziska se liggaam is op 7 Maart in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad gevind. Sy het gereël om haar ma te ontmoet nadat sy gaan draf het, maar het nooit opgedaag nie. ʼn Soektog is van stapel gestuur en binne ʼn uur is die tienermeisie se liggaam gevind. Sy is verkrag en verwurg. Haar selfoon, diamantring en horlosie was vermis.

Die beskuldigdes sal weer op 10 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

die wolf ·

En dit is nog n’ bewys hoe min n’ lewe werd is in SA….die misdadigers vrees nie die polisie of die gereg nie – dus moet hulle begin om hulle slagoffers te vrees…dra n’ wapen en verkoop julle lewens duur!
Want dit is die enigste geregtigheid wat bestaan.

Johann Marx ·

As jy dit aan MY dogter gedoen het, het ek jou borgtog aansoek heelhartig ondersteun, EN boonop jou borg betaal ook!! Dan word jy onder MY toesig vrygelaat…..en dan kan die lewe aangaan, daar sal nie ‘n hofsaak wees nie. Hulle sal jou nie kan hoor skree en smeek waar ek en jy heengaan nie…

Johann ·

En ek en elke ander pappa sal jou help om toesig te hou….

Ivan ·

Ek wonder wat sal Landdros Hafiza Mohamed doen as daai twee vannaand by haar huis inbreek en haar of miskien haar dogter verkrag. Sal sy hulle dan more weer borgtog gee, want hulle is dan nog nie skuldig bevind nie. DIT SKREEU TEN HEMELE ! ! !! !

Veritas ·

Ivan ek stem in ‘n mate saam met jou maar ek glo nie die staat kon hulle medepligtigheid bo alle twyfel bewys nie. Die moontlikheid dat hulle gearresteer was bloot omdat die selfoon in hul besit was, beteken nie dat hulle aandadig was nie. Hulle het die foon dalk gekoop terwyl hulle van die omstandighede bewus was en dit maak hulle nie aandaadig aan die moord nie. Glo my, ‘n landdros sal nie sommer borg toestaan as enigeen, bo twyfel, aan so’n grusame daad gekoppel kan word nie.

Diana ·

Dit is ongelukig hoe die regstelsel werk. Love dit of haat dit, dis hoe dit is. Dis nie die regter se persoonlike oortuigings wat borg toestaan of weier nie. Moenie haar die skuld gee nie………..

My opinie ·

Skokkend hie die “reg” geinterpreteer en verdraai word.

Skokkend ·

Landdros Mohammed, die volgende verkragtings en moord deur hierdie 2 is op jou gewete, hoop jy is sterk genoeg vir dit ook. Jy kyk na alles en sê jy verstaan, nee dame jy verstaan nie, jy lees nie koerant nie, jy kyk nie na ander sake nie. Hul gaan weer moor.

jennefer ·

Seker was die moord nie barbaars genoeg nie, ten spyte van wat sy se, Haar ingewande moes ook uitgeskeur gewees het, soos die arme kind van n paar jaar gelede. Daar is geen geregtigheid in die land meer nie, dit maak dat gewone vredeliewende mense daaraan dink om self n straf uit te deel.

Diana ·

Jys ‘n wrede mens. Onthou: dit wat jy ander toewens sal eerste met jou gebeur………

Tiger ·

Ek verstaan die redinasie agter die borgtog wat toegestaan is al stem ek nie daarmee saam nie.Wat ek NIE verstaan nie is waarom is die borg bedrae so laag.Staan borg toe maar maak dit meer as R20,000 en nie net ‘n skamele R2000 nie!Hulle het nie ‘n handvol swieties in ‘n kaffee gegaps nie!Hier is ‘n gruwelike moord ter sprake.

christine ·

Stem saam maak borg onbekostigbaar. Mense dis waar As jy n vaste adres het en jys nie n vlug risiko nie moet die hof borg toestaan Sy het nie n ander keuse gehad nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.