Tokai-moord: Borgaansoek uitgestel

Franziska en haar ouers.

Franziska en haar ouers.

Die borgaansoek van die vier beskuldigdes in die moord- en verkragtingsaak van Franziska Blochliger (16) is Woensdag in die Wynberg-landdroshof uitgestel.

Monique Carsten, die prokureur van twee van die vier beskuldigdes, het vir uitstel gevra omdat die uitslae van die DNS-toetse nog nie beskikbaar is nie

Carsten verteenwoordig beskuldigde no. 1 en no. 2. Hulle name mag nog nie genoem word nie omdat hulle nog nie gepleit het op die verkragtingsklag nie.

Intussen het die 21-jarige derde beskuldigde sy borgaansoek teruggetrek uit vrees vir sy veiligheid.

Al vier beskuldigdes word aangekla van roof, verkragting en die moord op Franziska.

Women of Westlake, ʼn plaaslike gemeenskapsorganisasie, het buite die hof hul steun aan die Blochlinger-familie betoon deur in pienk T-hemde te betoog.

Die borgaansoek is tot 28 April uitgestel.

Franziska is op 7 Maart in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor. Dié gr. 10-leerder het saam met haar ma en suster met die gesin se hond in die Tokai-woud gaan stap. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster ʼn ent verder weer ontmoet het. Haar ma het bekommerd geraak toe sy ná ʼn ruk nie teruggekeer het nie en het hulp ontbied.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tamboti ·

Ek hoop nie die vervolgings gesag en howe beskou net die DNA toetse as bewys vir die klagtes nie, ek meen die gebrek aan DNS getuienis behoort nie die suksevolle verhoor te ondermyn nie, wat van as die verkragters kondome gebruik het?

Wat!!!! ·

Ek kan net nie dink dat die verdediging kan vra vir uitstel nie, wil sy nou eers kyk watter klient het die daad gedoen!!! Monique Carsten ek verstaan van elkeen doen sy werk, maar werklik ek kan nie dink dat jy so hard-up is vir geld dat jy 2 wrede verkragters en moordenaars van ‘n jong weerlose kind kan verdedig nie. Aan hierdie ouers strongs, ek hoop werklik hierdie gemors ry aan die pen!!!!!! Ek kan eenvoudig nie aan ‘n meer sinnelose daad dink nie, ‘n meisie wat jou niks gemaak het (ja asb Monique vergeet maar van loon geskil verskoning), sy draf en dit gee jou die reg om haar te verkrag en te vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.