Tokai-moord: Verdagtes vra borgtog

Franziska en haar pa Andreas.

Franziska en haar pa Andreas.

Drie mans wat teregstaan vir die verkragting en moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger sal na verwagting Donderdag in die Wynberg-landdroshof vir borgtog aansoek doen.

Die tienermeisie se liggaam is op 7 Maart in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad gevind. Sy het gereël om haar ma te ontmoet nadat sy gaan draf het, maar het nooit opgedaag nie.

ʼn Soektog is van stapel gestuur en binne ʼn uur is Franziska se liggaam gevind. Sy is verkrag en verwurg. Haar selfoon, diamantring en horlosie was vermis.

Vier mans is later die aand in hegtenis geneem en aangekla van moord, ses aanklagte van verkragting en roof met verswarende omstandighede. Een van die beskuldigdes het besluit om nie vir borgtog aansoek te doen nie, aangesien hy op parool uit was ten tyde van die misdaad.

Die mans het reeds vroeër vandeesmaand in die hof verskyn, maar die saak moes uitgestel word terwyl daar op die uitslae van DNS-toetse gewag word.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

net ekke ·

Wat de hel toe die meisie gevra en gesmeek het het hulle nie ag geslaan nie nou VRA hulle borgtog de hel met hulle

Net So ·

net ekke, ekke raak net so moe…… soos jy, sy was nie uitlokkend, het net geoefen en niemand gepla. Not te hel, sy het geen mense reg gehad so ook nie hulle nie!!! MENSE REGTE WAAR IS JULLE MET JULLE GROOT MONDE, sal graag wil sien hoe jul sal voel om net eenvoudig te draf en dan verkrag, vermoor en beroof te word of jul dan so slim sal wees om te se idiote soos die moet borg, regverdigheid en nie ook dood gemaak word nie. Elke keer word na loon kaart of rassisme gegryp, wys ons hoe jul die een gaan omseil!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Jan maak n Plan ·

Laat hulle uitkom op borg – sodat hulle nog iemand kan vermoor. Dis mos wat die regering wil he.

Johann ·

As pappa vra ek alle ander pappas om namens n pappa in te tree vir n dogter (wat ons dogter kon wees) wat nie die voorrreg het om vir haarself op te staan en te getuig teen die booshesid wat sy in liggaam siel en gees moes weerstaan het nie. Ek jaal jie sommer Waarheid uit die Skrif aan nie…maar ons stryd is nie teen vlees of bloed nie maar teen bose gese in die lug…Ek bevestig my opregtè pleit: alle pappas; staan in eenheid teen die manifestasie van boosheid wat “ons” dogter se weerloosheid gesteel en verwoes het. Ek bid n smeekgebed: Vader..ontken hulle enige aardse genade. Johann Vogel

Tiger ·

Hulle het haar van alle mense regte gestroop toe sy aangeval was so hulle verdien dieselfde.GEEN BORGTOG NIE ASB!!

R ·

Doodstraf moet teruggebring word, dan kan die regering mos spaar aan onnodige onkostes. Hoeveel kos dit die land elke jaar aan gevangenis?

gtx ·

dit is seker weer arpartheid en die wit mense se skuld gewees dat die pragtige meisie die verskriklike dood moes sterg.God se dat jy gedood moet word as jy jou hand wederegtelik aan n ander se lewe slaan.so ja gee hulle borgtog dat hulle kan kry wat hulle verdien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.