Tokai-moord: Vier weer in hof

Franziska en haar ouers.

Franziska en haar ouers.

Die vier verdagtes wat aangekla word van die moord en verkragting van die 16-jarige Franziska Blöchliger het Vrydagoggend in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die hof was stampvol gepak toe die verdagtes van die hofselle na die beskuldigdebank gelei is. Drie van die verdagtes word verteenwoordig deur ʼn regshulpprokureur terwyl die vierde verdagte van ʼn private advokaat gebruik maak.

Een van die beskuldigdes het aanvanklik net tereggestaan op aanklag van die besit van gesteelde eiendom, maar die staat het aangevoer dat hy nie in hierdie stadium van die ander misdade uitgesluit kan word nie.

Die vier beskuldigdes staan tereg op aanklagte van verkragting, moord en roof met verswarende omstandighede. Die staat sal borgtog teenstaan wanneer die vier weer op 5 April in die hof verskyn. Die beskuldigdes sal in die Pollsmoor-gevangenis in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning.

Franziska is op 7 Maart in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor. Die gr. 10-leerder het saam met haar ma en die gesin se hond in die Tokai-woud gaan stap. Sy het in ʼn stadium vooruitgedraf en sou haar ma en suster verderaan weer ontmoet het. Haar ma het bekommerd geraak toe sy ná ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie en het hulp ontbied.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Irma Steyn ·

Nie Pollsmoor nie. Wynberg. Hulle wil baie graag Pollsmoor toe gaan. :)

Gwen Christians ·

Gee hul asb die doodstraf.Alle verkragters,moordenaars en dwelms verkopers MOET die doodstraf kry sonder ‘n verhoor.Dis die enigste uitweg vir ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.