Tokai-moordsaak hervat

Franziska en haar ouers.

Franziska en haar ouers.

Die vier mans, wat verdink word van die verkragting van en moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger, verskyn na verwagting weer Woensdag in die Wynberg-landdroshof.

Blöchliger se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf en nooit weer teruggekeer het nie. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon Blöchliger is verkrag. Sand is in haar keel gevind en wurgmerke aan haar nek. Sy het glo versmoor toe haar gesig in die grond gedruk is.

Vier verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem. Die tweede beskuldigde, Jerome Moses en die vierde beskuldigde, Daniel Easter, is vroeër op borgtog vrygelaat, aangesien hulle slegs verbind kan word met Blöchliger se gesteelde selfoon.

Die ander twee beskuldigdes, Howard Oliver en Jonathan Jonas, het reeds vroeër aangedui hulle sal nie om borgtog aansoek doen nie. Een van hulle word verbind met ʼn ander saak van moord, verkragting en roof, terwyl die tweede een versuim het om in die hof te verskyn by ʼn vorige geleentheid in verband met ʼn ander saak. Een van hulle word glo deur DNS-uitslae aan Blöchliger se verkragting verbind.

Die saak is vroeër uitgestel sodat selfoondata as deel van die bewysstukke saamgestel kan word. Die hof is ook ingelig dat Moses voortaan deur adv. Kevin Pietersen verteenwoordig sal word.

Landdros Hafiza Mohamed het die moord vroeër beskryf as “een van die gruwelikste en gewelddadigste misdade wat sy in haar loopbaan moes aanhoor”.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Weet nie... ·

Weet nie hoe kan enige advokaat,prokereur sulke mense verdedig nie…. ?

Karma1 ·

Ek dink die …e… ‘aangeklaagdes’ (ek kan hul nie mense noem nie) maak op regshulp aanspraak, of altans, ek neem so aan. En die prokureurs wat vir dié instansie werk, het weinig keuse van of beheer oor watter sake aan hulle vir verdediging toegeken word. Overgesetsynde en desnieteenstaande, indien dié prokureur privaat-aangesteld is, dink ek is dit ook maar ‘n kwessie van die “eer” (?) wat gepaardgaande sal wees INDIEN die aangeklaagde(s) dalk op ‘n tegniese punt of wat vrygespreek raak of die saak uitgegooi word.

Lila ·

@ Weet nie…
Ek is self ‘n prokureur.. en dit is glad nie aldag maklik nie.. maar jul moet ingedagte hou dat ‘n prokureur nie altyd ‘n kliënt verdedig nie.. soms (soos ek glo in die geval) slegs die kliënt verteenwoordig. Om seker te maak dat die regsprosesse korek gevolg word en dat daar nie na die tyd omgedraai kan word en sê dat die beskuldigde ‘n onregverdige verhoor gehad het nie..
Op die wyse word sake dan ook soms vinniger afgehandel!

Theresa ·

Wat kan enige regsgeleerde aanvoer as verdediging van sulke monsters.
REGverdigheid sou eintlik wees as daardie regsverteenwoordiger self omdraai en vir die persoon sê jy is skuldig van iets grusaam en sal ek jou nie verder help nie.

pieter ·

Hierdie moord van die onskuldige tiener was so onmenslik dat net die ergste straf moontlik reg sal wees. En dit sal nie eers goed genoeg wees nie.
Gee hierdie lot vir die gemeenskap- hulle sal weet wat om te doen wat regverdig is.

Alida ·

Ek se mos altyd maak die tronkdeure oop vir mense soos diè “problem solved”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.