Tokai-moordsaak hervat

Franziska en haar pa Andreas.

Franziska en haar pa Andreas.

Die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Wes-Kaapse tiener, Franziska Blöchliger, in Maart vanjaar verkrag en vermoor het, sal vandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die saak is in Junie uitgestel sodat selfoondata as deel van die bewysstukke saamgestel kan word. Daar is ook aan die hof gesê dat een van die beskuldigdes, Jerome Moses, voortaan deur adv. Kevin Pietersen verteenwoordig sal word.

Moses en Daniel Easter is op borgtog vrygelaat aangesien hulle slegs verbind kan word met Blöchliger se gesteelde selfoon.

Die ander twee beskuldigdes, Howard Oliver en Jonathan Jonas, het reeds vroeër aangedui dat hulle nie om borgtog sal aansoek doen nie. Een van hulle word verbind met ʼn ander saak van moord, verkragting en roof, terwyl die tweede een versuim het om in die hof te verskyn by ʼn vorige geleentheid in verband met ʼn ander saak.

Blöchliger se liggaam is in Maart in die Tokai-woud gevind nadat sy gaan draf en nooit weer teruggekeer het nie. ʼn Nadoodse ondersoek het getoon dat Blöchliger verkrag is, en sand in haar keel ten tyde van haar dood asook wurgmerke aan haar keel gehad het.

Landdros Hafiza Mohamed het vroeër die moord beskryf as “een van die gruwelikste en gewelddadigste misdade wat sy in haar loopbaan moes aanhoor”.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ellie Rose ·

Nou wonder ek net hoekom hierdie moordenaars se hofsittinge nie ook wêreldwyd per tv uitgesaai gaan word nie? Dit was berekend, geweldadig, brutaal, wreed en totaal onnodig! Sal baie interessant wees om te sien wat hulle vonnisse gaan wees.

Denise ·

Dit is nes jy daar se en dit is vir my so wreed wat hulle aan haar gedoen het net omdat hulle nie hul drange kan beheer nie liewe tyd die gesin gan loop gereeld daar!!! Kan jy dan nou nerens meer loop of net uit gan vir n bietjie ontspanning moet ons dan nou soos kluisenaars in ons huise bly wat van ons regte?

Iemand ·

Nee Denise, jy versaan nog nie mooi hoe dit werk nie. Wetsgehoorsame burgers in hierdie land het nie regte nie. Net misdadigers geniet daardie voorreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.