Tokai-woud-moordbeskuldigde terug in hof

Franziska Blochliger en haar pa, Andreas.

Franziska Blochliger en haar pa, Andreas.

Finale betoë word na verwagting Woensdag in die Wynberg-landdroshof gelewer in die borgtogaansoek van een van vier mans wat beskuldig word van die verkragting en moord vroeër vanjaar op Franziska Blochliger (16) in die gewilde Tokai-woud.

Howard Oliver het in November met die aansoek om borgtog begin en gesê hy is van voornemens om skuld te beken op aanklag van diefstal, maar ontken dat hy die tiener verkrag en vermoor het.

Blochliger het op 7 Maart 2016 in die Tokai-woud in Kaapstad gedraf toe sy aangeval en vermoor is. Haar ring, selfoon en horlosie is gesteel.

Die beskuldigde het laas op 13 Desember in die Wynberg-landdroshof verskyn. ʼn Lasbrief vir inhegtenisneming is vir Daniel Easter, een van die vier beskuldigdes uitgereik, toe hy nie saam met sy medebeskuldigdes in die hof verskyn het nie. Hy is vroeër vanjaar vrygelaat op borgtog van R1 000.

Oliver het in sy beëdigde verklaring aangevoer hy het Blochliger beroof om vir sy kind se kleuterskool te betaal. Hy het gesê hy het die tiener van agter in ʼn wurggreep gegryp totdat sy haar bewussyn verloor het. Toe sy weer bygekom het, het sy medebeskuldigde Jonathan Jonas sy vuurwapen op hom en die tiener gerig voor hy haar in die bosse in gesleep en verkrag het, het Oliver gesê.

Haar gesig is vermoedelik in die grond in gedruk en sy het versmoor.

Lees alle vorige berigte oor die Tokai-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Mag hy NIE borgtog kry nie!Die ding is siek om te kon meedoen aan so ‘n gruweldaad en dan pak hy die skuld op ander!

Sinvolle Publiek ·

R1000 borgtog vir moord, verkragtig en diefstal….. die doodskis storie is borg geweier. Ek weet nie, dit help nie om te kla nie, dit help nie om te comment nie. As almal so op die stories comment en nogals van die goed wat regtig sin maak, wie sien rerig die comments raak wie doen iets daaroor? Die publiek maak meer sin vir my as enige tydskrif of nuus agentskap, polisie of politieke partye.

Gerd Lourens ·

En steeds is daar “regsgeleerdes” wat die gespuis probeer loskry!!!

wilma ·

Kleuterskool van kind betaal. Se voet. Allpay? Muni kinders he jul ni kan sorg ni.

Ihs ·

Kinders is ons kosbaarste skatte op aarde. Jy sit jare se liefde, geld en tyd in jou kinders. Jy lag, huil en werk saam met hulle vir jare. En dan kom so gespuis van die aarde en vat alles weg vir sy behoeftes. Daar is geen goed in hom nie, net sy eie behoeftes. Hulle bring niks na die wereld toe nie en bied ook niks nie. In hul oë is dit iets kleins. Ons moet dieselfde respek vir hul terug gee. Enige een wat betrokke was by die moord, al is dit net verkoop van gesteelde goedere verdien dieselfde pyn as hul slagoffer. Ongelukkig sal dit nooit ooit hierdie mooi mens terugbring nie.

Sê maar net. ·

Ek stem saam. Al die kommentaar wat ons op die media sit help net mooi niks. Dit jaag net almal se bloeddruk op en hits mekaar net aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.