Toks se vrou glo op vlug geklap, aanrandingsklag volg

Carol en Toks van der Linde (Foto: Facebook)

Die polisie ondersoek ʼn klag van aanranding nadat die oud-Springbokrugbyspeler en televisie-aanbieder Toks van der Linde se vrou, Carol, glo vroeër vandeesmaand op ʼn vlug na Kaapstad deur ʼn medepassasier geklap is.

Carol het die gebeure wat tot die beweerde klap sowat twee weke gelede op Mango-vlug JE709 gelei het, op kamera vasgevang. Die video is sedertdien op Facebook gedeel.

In die video kan gesien word hoe ʼn lugwaardin ʼn man wat met sy rug na Carol in die vliegtuig sit beleefd vra om van sitplek te verander. Die man weier dan volstrek en voer aan dat hy vroeër in die vlug aangesê is om nié rond te beweeg wanneer die vliegtuig in die lug is nie. Die man neem die onderonsie deurgaans op sy selfoon op.

Verskeie medepassasiers pleit later dat die man van sitplek verander. Dit is dán dat hy na Carol terugdraai, wat besig is om die onderonsie op haar selfoon op te neem. Die man snou Carol ʼn beledigende woord toe voordat hy haar na bewering klap. Die opname sny uit kort nadat dit lyk of die selfoon uit haar hand gestamp word.

“Die man was baie aggressief. Toe ek hom vra om asseblief net te skuif soos die lugwaardin gevra het, het hy gemaak asof hy nie Engels kan verstaan nie, al het hy en die lugwaardin nog heeltyd met mekaar Engels gepraat,” skryf Carol op Facebook. “Ek het besluit om hom op te neem, waarna hy my geklap het,” skryf sy.

Luidens die inskrywing het sekuriteit die man ná die beweerde klap verwyder “omdat hy my geslaan het en weens sy kru taal en gedrag”, skryf Carol.

Sergio dos Santos, woordvoerder van Mango, sê hoewel die lugredery spyt is dat die voorval op een van sy vlugte plaasgevind het, glo hy wel dat sy personeel die korrekte prosedure gevolg en toepaslik opgetree het om die veiligheid van sy passasiers te verseker.

“Aangesien die saak nou ʼn strafregtelike ondersoek is, werk ons ​​saam met die owerhede,” sê Dos Santos.

Lt.kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê  ʼn saak van aanranding is ná afloop van die vlug in Kaapstad aanhangig gemaak. Die saak is intussen na ‘n polisiestasie in Johannesburg oorgeplaas vir verdere ondersoek.

Die man in die video is nog nie in hegtenis geneem nie. Hy is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie.

Toks het op Twitter op die voorval reageer: “Ons het intussen vasgestel dat hy ʼn prokureur is. Ek dink almal weet teen dié tyd wat hy aan my vrou gedoen het. Jy beter hardloop, my maat.”

Hy bevestig in die inskrywing dat ʼn saak van aanranding teen die man aanhangig gemaak is.

Toks het Maandagoggend aan Maroela Media gesê hy gaan nie verder kommentaar in verband met die voorval lewer nie. Die saak is nou in sy regspan se hande.

Toks en Carol is in Maart verlede jaar getroud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

107 Kommentare

Loods ·

Waar is die Kaptein van die vlug? Streng gesproke moes hy met SAPS gereel het (via ATNS) om die persoon te verwelkom met die landing.

koos ·

Volgens die Rapport het die kaptein hom aan die SAPS oorhandig.
Toks, bel my as jy nie aan hierdie ou wil raak nie, ek sal help!

Gaitsigubib ·

Koos ek twyfel of Toks jou hulp gaan nodig he. Buitendien, kan jy sien hoe sleg dit lyk as n man hom so wangedra? Plaas gaan sit die lummel net op sy stoel- waarom nou die bohaai opskop?

Julep ·

Ek dink daai ou is kinderagtig. Staan op en gaan sit waar jy moet wees. Wat hom meer soos n looser laat lyk is dat hy dink hy moet sy lawyer skills uithaal en tegnies begin raak. Klomp verskonings. Pateet. Jy kan sien hys narcissistic en n plain douche bag. n Regte man raak nie betrokke.

Annelize ·

Mens kan sommer sien hy is absoluut aspris en uitdagend, met ‘n helse dink van homself. Hoop sy tjank word ordentlik vir hom afgetrap, die bullebak!

Hennie ·

Ek stem saam hy beter hardloop voor daai groot BOK hom in die hande kry.

Kwagga ·

Sal hom darem so n katestrofiese loesing gee die verskoning van n ruggraatlose man…..Toks ek kom help hahahahaha. Sien jy se die man moet hardloop, ek hardloop nie Toks so ons sal moet ooreenkom om almal te loop. Hys maar slapgat!!!!!!! Mango…..kry vir jul skokstokke en skok die wit waks uit so n persoon!!!

Jerry B ·

Toks help net hierdie man reg as hy aan n vrou wil slaan.

SjN ·

Onthou, wag eers voor kommentaar gelewer word oor die voorval, n saak het 3 kante. Mag die skuldige/s boet.

Jaco ·

Al het n saak 6 kante jy lig nie jou hand vir n vrou nie. PUNT

Alet ·

Oom Loods stop die vliegtuig die man wil loop!! Hy kannie loop as die vliegtuig beweeg nie…. Hehehehehe

Blaarman ·

Nonsens. Dis duidelik uit die beeldmateriaal uit wat hier gebeur het.

Die ou was ‘n sot wat gedink het dit is OK om ‘n vrou te klap.

Sy tjank moet afgetrap word – ek waarborg julle dis nie sy eerste keer nie.

Dienkie ·

Hierdie man moet maar net hoop dat Toks hom nie in die hande kry nie, want dan gaan hy virseker ‘n bietjie les opse.

Eluze ·

Dienkie, Toks sal hom sommer self BLAAI na die ander sitplek toe. ‘n klap vir ‘n klap. Haha.

Vanessa Moore ·

Dit is vir my verbasend hoe groot mense hulle soos 5 jarige kinders gedra. Dit is so kinderagtig.

Ander Annie ·

Vanessa, jy stel dit so mooi. Hy is ongelukkig een van vele. Sy arrogansie is verstommend. Die ouer garde het dit domastrant genoem. As hy kan uitdeel moet hy kan ontvang ook.

Markus ·

Die mense wat so vinnig fone in jou gesig druk ek wonder wat sou gebeur as Toks se vrou net stil gebly het en haar uit n sitsuasie gehou het wat nie haar besigheid was nie.

Pieterd ·

Markus en Gerda, Regtig?
Julle praat geweld teenoor vroue goed? Sy is verkeerd omdat hy weier om ‘n wettige versoek van die lugwaardin uit te voer en onbeskof is? Sy verdien om geslaan te word?
Sulke bullebakke en mense soos julle moet verantwoordelik gehou word vir onaanvaarbare gedrag.

Lientjie ·

NIKS sou gebeur het as sy stilgebly het nie. Lugwaardinne kry daagliks met hierdie tipe gedrag te doen en is opgelei om dit te hanteer.

Kolle ·

Dis bisar is hoe almal mekaar met selfone sit en afneem. Orals.

E ·

Ek dink sy wou die lugwaardin beskerm in geval daar na die tyd probleme en klagtes is (teen die arme lugwaardin). As ‘n prokureur behoort hy van beter te weet en ek dink Toks gaan hom BAIE seer maak, nie fisies nie, maar as hy ‘n klag van aanranding teen hom het en dan by die balie aangekla word is sy hoofpyne BAIE groter. Good luck vir hom, wil ander boelie nou gaan hy boet met GBV !!!

Heidi ·

Ja Markus maak of jy niks gesien het nie. Soos n volstruis sy kop in die sand druk. Almal is nie so nie, party mense will help.

Pb ·

Markus…korrek. Hoekom het sy deel geword van die gemors? Lyk ook nie of hy haar geklap het nie…wel die foon uit haar hande…

Daan ·

As hy my vrou so behandel sal ek persoonlik met hom afreken..geen man maar muis..seker van daai wat net vrouens kan slaan..Boeta ek hoop ek sit langs jou in n Mango Vlug binnekort..sal jou hemp skeur dat jou ma jou m…r

Catharina ·

Alle konfliksituasie verlang kalmte.
Ek seg amen! Me Toks moes soos van alle passasiers op daardie tydstip sommer haar skuins na die venster gedraai het, sonder om hierdie verdere gedrag te ontlok … deur Paparazzi te probeer speel.

Sputnik ·

Oooooh Boetman, jy beter begin hardloop! Toks gaan jou oprol, jou hans grootmaak en maniere leer!

JohanR ·

Kan my nie dink om 19 uur langs hierdie man New York toe te sit nie!! Sal maar liewer op die toilet gaan sit vir 19 uur….sal aangenaamer wees! Hoop almal het gejuig en hande geklap, toe sekuriteit hom wegvat?

Showahed ·

Die ou gaan op die Tjops gedeelte van Toks & Tjops verskyn…

Feite ·

Geen normale mens sal so optree nie, so of hy was gedrink of hy ly aan hoogtevrees, die dat hy so bang was om te loop en toe begin aggresief raak en n paar klappe begin uitdeel toe die lugwaardin en Toks se vrou hom wou dwing om te loop. Ek dink Toks kan verlig voel dat hy nie op die vliegtuig was nie, want dan het hy dalk ook n paar vetklappe gekry. Hoogtevrees is duidelik nie n man se speelmaat nie!

Hmm ·

Daar is ‘n Engelse gesegde “Seek respect not attention, it will last you longer”. Vandag MOET alles mos op kamera en die hele wêreld MOET mos weet as ietsie ons pla…

charmaine ·

Markus, stem met jou saam. Dis veiliger om uit ander se sake te bly en dan nog jou selfoon ook gebruik om so slegte situasie op te neem mense is te veel selfoon verskrik. Was nie haar plek om in te meng nie en haar sitplek was nie in gedrang nie. Maar arrogansie kan jou baie dinge laat verloof al dink jy, jy is belangrik sommige mense is maar so as hulle n sekere kwalifikasie of pos het so die Prok.

Sê maar net ·

Dalk moet die vent bietjie sit en van die slagspreuke op daai hemp van hom lees.

Zettie ·

Buffel — as hy wel ‘n prokureur is gaan hy sy firma se naam meer skade aanrig sodra sy indentiteit bekend gemaak word. Ek het nie tyd vir boelies nie. Ek hoop Toks kry jou in die hande.

@Markus ·

En Markus is korrek. Mense moet ophou inmeng as dit nie hulle fight is nie. Die ou, duidelik reeds in die verleentheid en ander wat inmeng maak dit net erger. Dit lyk nogals vir my of hy die foon uit haar hand geklap het. Miskien nie gemik of bedoel om haar raak te klap nie.

Cs ·

Ek stem saam met jou Markus. Hy het gemik om di foon uit haar hand te klap. Nou is dit sommer aanranding. Almal val hom van alle kante aan.

Liezel ·

Waarna toe moes hy loop? Ek verstaan nie wat hier aangaan nie?

Skerpioen ·

O ok so ver ek op d video clip kon sien het hy ook sy foon uitgepluk om n ideo clip van die lugwaardin te maak… so hy mag een maak van iemand anders so lank nieman net nie van hom n video clip maak nie. Agge nee man die man was verkeerd en klaar. En toe klap hy nog n vrou. Ek is bly ek ken hom nie persoonlik nie. Ek hoop hy kry vinnig goeie maniere

Blommie ·

Ja ek stem 100% saam jou Markus, miskien wou hy die FOON uit haar hand klap.
Bly uit ander mense se sake uit en bepaal jou by jou eie sake.
Hoekom moes hy skuif, hoekom hom UITLOK en dwing. Jy kan mos nou sien die man is arogant. so of los hom of kry iemand wat hom kan verwyder. Maar nou probeer almal n storie maak daArvan!

Gaitsigubib ·

Blomme jy kannie net in n vliegtuig gaan sit wanneer jou boude te moeg raak om die gewig te dra nie. Daar is n nommer op jou kaartjie en daar moet jy sit?

Henry ·

Hoop hy besef watse probleem hy nou het deurdat hy n vrou geklap het. Almal in SA is op hul agter voete oor die gender violence. Geen verskoning roer hom Toks…

Gerda ·

Persoonlik voel ek dat enige persoon wat n onderonsie verfilm geklap moet word.

Kolle ·

Wie moes hom klap want hy het weer die lugwaardin afgeneem?

Stuiwer ·

And the moral of the story is: MOENIE goed op selfoon opneem nie. Hou jou eerder uit ander mense se sake uit. Die wêreld daar buite is gek. Beskerm eerder jouself.

Sirkus ·

Totdat iets met jou gebeur en jy hoop en bid iemand het dit vir JOU opgeneem op hulle selfoon. Moenie so vinnig praat nie

Judge Dredd ·

Hierdie ou het gedoen wat baie mense al wou doen teenoor SJW’s….

Blaarman ·

Nee ou maat, jy verstaan verkeerd.

SJW’s ontken die biologiese verskille tussen die geslagte. ‘n Ware man laat nie toe dat ‘n vrou in sy teenwoordigheid aangerand word nie.

Jou waarde-etiek skiet ernstig tekort.

Blaarman ·

Nee pel, jy verstaan verkeerd.

As jy nie verstaan dat ‘n man nie sy hande vir ‘n vrou lig nie, is jy die SJW wat lesse in manlikheid kort.

Heksie ·

Dit was seker ‘n onaangemane atmosfeer, maar waarom steek sy haar neus in waar dit nie hoort nie?

Ag regtig ·

Almal wat so tekere gaan oor hoe die dame nie die ‘foon in sy gesig moes gedruk het nie’, hierdie bullebak prokkerower was SELF besig om die gesprek op te neem. ‘ n Selfie video. Duidelik nie kamera-sku nie.

Sê maar net ·

Dis was duidelik nie ‘n goeie idee om hierdie vent af te neem nie. Bly maar liewer ver weg van sulke mense. Dit lyk of hy net die selfoon uit haar hand geslaan het. Ek is ook nie ten gunste daarvan dat mense goed afneem wat sensasie veroorsaak en dit dan nog op Facebook ook sit nie. Facebook het ‘n euwel geword. Ek dink nie sy was heeltemal so onskuldig nie en nou wil sy alarm maak.

Ook n Vrou ·

Ek stem saam. Hoekom altyd n selfoon uitruk vir n video. Maar, Meneer die Prokureur as jy aan my geklap het, sou Mango n noodlanding moes doen want ek sou jou en al daardie sitplekke uitgeruk het

Pieter ·

Ek praat nie goed wat die ou gedoen het nie. Was dit egter nodig vir die vrou om haar neus in te steek waar dit haar nie aangegaan het nie…… is daar nie ‘n wet wat sê jy mag nie gesprekke opneem sonder toestemming nie…… nee wat mev , jy het gesoek dat die foon uit jou hand geklap word

Leë blikke raak baie ·

Hy kort ‘n paar klappe – Langebaan style.

Ekke ·

Ag weet jy… dis net so common…. hoekom inmeng in die eerste plek….watse klag van aanrading…. soos wat dit lyk het hy die selfoon uit haar hand geklap en nie na haar geslaan nie…..ai tog, lot kinders

wielie ·

oh my … dink nie ek gaan weer vlieg nie! In so beperkte spasie so baie aksie ..

E ·

Ek stem saam in so ‘n klein spasie wil ek nie konfrontasie he nie.

@Liezel ·

Maar as ek die pos so lees, dan lag ek te lekker vir Liezel se vraag. Waanatoe moes die man tog nou loop. Hahaha En hoekom?

Attie ·

Prokureur, nogal….dieselfde spesie as ‘n politikus. Arrogant-astrant.

Lientjie ·

NIKS sou gebeur het as sy stilgebly het nie. Lugwaardinne kry daagliks met hierdie tipe gedrag te doen en is opgelei om dit te hanteer.

·

Sy het die regte ding gedoen. Hy het met almal om hom gestry. Die lugwardin het jare se geduld. Mens moet so iets afneem. More vertel hy vir Mango hulle lugwardin was ongeskik, maar jy kan nie stry met bewyse nie. As hy so maklik kan klap aan ñ vrou ….. Teminste weet al sy kliënte hoe hy lyk. Eina!

Eluze ·

High five Né. Ek stem vir die gedeelte waar die lugwaardin dalk blameer kon word. Die vliegtuig het nog nie opgestyg nie, slegs uitgesleep na sy posisie toe. Die lugwaardin sou beslis nie haar eie beroep in gevaarstel om ‘n ongemagtige opdrag te gee nie. Bly dit is op video, dit voorkom valse aantuigings en dalk moet die aangeklamde mens nog ‘n nuwe selfoon ook betaal. Good show Carol

Hans ·

Ek sal nie aan so tang vat nie, maar ek kan doen met ‘n miljoen.

Penellope Jones ·

Nee o aarde, ek sal maar eerder anderkant toe kyk of stil en “rustig” my boek verder lees en my uit ander se stryery of wat ookal uithou.
.

Louis ·

Miskien moes sy nie vir hom gesê haar man het vir WP gespeel nie.

David Potgieter ·

HaHa Mango!!!! Ng nie geidentifiseer nie maar julle sit met ‘n passassiers manifes???? Mang, jull val uit die bus uit.

Celeste ·

Ek keur nie die klap goed nie, maar as jy sien n situasie is klaar buite beheer, moet jy nie maar eerder jou selfoon uit die man se gesig hou nie?. Hy is klaar duidelik agresief so ek dink sy moes haarself uitgehou het. Die lugwaardin en vlieenier sal die situasie hanteer. Mense is vinnig om hulle selfone uit te ruk om n sensasie video te maak maar Baie gou word jy deel van iets wat nie nodig was nie. Ek se maar net…..

Toks ·

Oom Toks is nou te oud vir baklei. Soos hy se, is dit nou in sy regspan se hande. Verbeel ek my of lyk sy vrou soos iemand van die britse koningshuis?

Swartwolf ·

As oom Toks te oud is vir boks moet tannie toks nie so vinnig wees op die draw met die selfoontjie nie.

AJ ·

Ai, die mense wie haar nou kritiseer oor sy ‘n video gemaak het, wag tot iemand dit afneem wanneer jy tema gekom word dam praat ons weer. ”All that is necessary for evil to triumph is for good men and women to do nothing.”

Lindy van Wyk ·

Ja nee kyk kyk waar is die selfoon sherrif nou. Nee hou jou uit ander se dinge uit.

Leah ·

Hoe oud is Carol van der Linde. Sy lyk of sy Toks se dogter kan wees.

Hanlie ·

Leah, wat het Carol se ouderdom met die saak te maak? Ek dink sy het reg opgetree. As julle wat haar so kritiseer se familie of vriende in so situasie was, het julle vir haar hande geklap. Hy is ‘n boelie en moet sy pak vat!!!!

Droë Perske ·

Die ou moet georiënteer word. Een teen die oor en een teen die teer.

jaco ·

Wit man slaan n wit vrou. Dis dus nie n ras-insident nie. Mark my words, hier gaan niks van kom nie.

Karel ·

As iemand op n vlug homself wangedra, agtervolg hom nadat jy geland het. Wanneer hy by sy kar kom, stap jy net rustig langs sy kar verby en krap dit met jou sleutel terwyl hy sy bagasie inlaai. Onwaarskynlik dat hy iets sal agterkom. As iemand hom egter oplaai, wel, dan het jy die rondte verloor.

Hansie ·

Karel, jou opmerking spreek boekdele van jou karakter. As jy te slapgat is om die persoon direk aan te vat nie, los die voertuig uit, as ek jou kry dat jy my of enigiemand anders se kar krap, gaan jy daai prokureur in jou hospitaalbed nodig kry.

Valerie ·

Klink na nog ‘n sosiale media bytjie. As hy haar wel met opset geklap het, moet hy betaal daarvoor. Andersins is dit regtig nie nuus nie. Sorry.

Jan Brand ·

Ek is bly sy het dit afgeneem en het ‘n bydra gelewer om hierdie probleem te hanteer. Nou is daar bewyse. Sy was reg om dit te doen. As die ou niks verkeerd gedoen het nie het hy geen rede gehad om te klap nie.
Wie is hy? Name hom en shame hom.

Louise van Deventer ·

Dame, ongeag, jy het jou neus ingedruk waar jy niks verloor het nie.

right said Fred ·

Stem saam. En om ‘n selfoon te gebruik tydens ‘n vlug kan veroorsaak dat vliegtuie probleme tydens vlugte ondervind – dus het sy die waarskuwing geïgnoreer om haar foon af te skakel terwyl sy aan boord was. As sy gehoor gegee het aan die versoek was sy nie geklap nie dus ”cause and effect.”

Blaarman ·

Julle slapgatte moet eerder stilbly.

Die ou het almal op die vlug gepes. Sy was klaar betrokke net deur oo dieselfde vlug te wees.

Sarel ·

Ag nee right said fred. Luthansa en US vlugte beperk laaaankal nie meer selfoon gebruik op vlugte nie. Inteendeel het ek en my seun gereeld gesels in vlug tot hy sy bestemming bereik in die US. Die vliegtuie is toegerus met WIFI.

Maria ·

Louise van Deventer – totdat ‘n man jou klap – vinnig met die oordeel né? Hy kan bly wees hy het nie daai klap met my gedeel nie. As hy kan uitdeel moet hy kan ontvang ook en dan sou dit selfverdediging gewees het. Hoe kan hulle die man nie identifiseer nie? Laat dinge vir hom warm raak en die die reg sy loop neem.

Anel ·

Vir al die mense wat haar aanvat en sy aksies goedpraat, julle is wat fout is in ons land. Geen mens man of vrou het die reg om sy hande vir n ander te lig nie. Julle is daai tipe wat vriende het waar die man dit vrou vet slaan en julle ander pad kyk. As hy dit aan n vreemde vrou doen doen hy dit heelwaarskynlik by sy huis ook.

Micke ·

Hoe kan die man nog nie ge-indentifiseer wees nie as hy op n vlug is, het hy deur die venster geklim?

Scalla ·

Wat sou die opskrif wees indien dit nie n oud rugbyspeler se vrou gewees het nie en sou dit die nuus gehaal het?

Denise ·

Hoekom in die eerste plek inmeng die fone moet nie eens toegelaat word op die vlug nie mense maak net vir hulle self moeilikheid LOS ander uit !!!!!!

My bloed kook ·

Sulke tye kook my bloed, hoe kan iemand sê sy het ingemeng, so as iemand iets afneem, mag jy hul sommer net klap, hul meng in. Hy is deur die personeel beleefd en geduldig gevra om saam te werk, kyk sy oê, sy attitude, en hy gebruik ook sy foon en dan sommer iemand klap, nee hy het ‘n groot probleem, buiten sy gedrag op die vliegtuig en die aanranding. Barry mince hom, sulke gedrag teenoor ander mense en veral vroue is totaal onaanvaarbaar. Ek kry sy vrou en kinders jammer, daar is geen kamera tuis wat so iets kan stop nie!!!!

Sekuriteit ·

Alle konfliksituasie verlang kalmte.
Ek seg amen! Me Toks moes soos van alle passasiers op daardie tydstip verwag was, rustig in haar sitplek bly. Dalk skuins na die venster gedraai het, sonder om hierdie verdere gedrag te ontlok … deur Paparazzi te probeer speel. Daar was voldoende omstandigheids getuies.

AI ·

Dit lyk vir my soos die overwing exit seat .. ALMAL wil mos altyd daar sit vir die been spasie maar wat as daar iets fout gaan, gaan jy die mense help soos in die briefing wat aan jou gegee is? Ek as ligwaardin sou ook jou geskuif het as dit nie jou seat was nie daar moet teminste iemand daar sit dit verstaan ek maar jy Mnr is nie ‘n ABP nie, ‘n ligwaardin skuif jou vir ‘n rede hulle sal nie net dit doen om snaaks te wees nie. Sy het seker klaar haar ABP ge brief en nou wil jy daar kom sit??? Jy is nie ‘n man se gat werd as jy so aan i vrou klap nie, ek hoop jy gaan tronk toe, dan kan jy lekker aftree daar binne.

AH ·

Ek vervies my vir mense wat kommentaar lewer dat Carol haar neus uit ander mense se sake moes hou. Dit is hoekom daar so baie dinge (soos kindermishandeling – Poppie ens) aangaan vir jare omdat so baie mense besluit om nie betrokke te raak nie en dan ander kant toe kyk. Sy het gedoen wat reg is om die vark se onderonsie op video vas te lê. As hy handgemeen met die lugwaardin geraak het, het sy al die bewyse gehad wat nodig was om die lugwaardin se kant te staaf. Die dat mense dink omdat lugwaardinne opgelei word om sulke situasies te hanteer dit hulle nie behoort te ontstel nie maak ‘n fout. Geen opleiding maak mens immuun teen bullebak gedrag nie! Die man was verkeerd. Punt. Hy het nie die reg om na enigiemand te klap nie. Daar is geen regverdiging van sulke gedrag nie! Ek skaam my dood dat daar nog mense op hierdie forum is wat dink dat dit aanvaarbaar is om links en regs na mense te klap en te vloek wat “nie hul neuse uit ander mense se sake hou nie” Dit is om van naar te word……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.