Tolgeld styg só volgende maand

Argieffoto

Tolgeld styg op 1 Maart landwyd met 5%.

Dit sal ’n motoris nou byna R200 aan tolgeld kos om van Johannesburg na Kaapstad te reis terwyl die bestuurders van swaarder voertuie enigiets tussen R400 en R900 sal moet opdok.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê in ’n verklaring die verhoogde tariewe is in ooreenstemming met die verbruikersprysindeks (VPI).

Volgens Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het die padagentskap die inflasiekoers as riglyn gebruik “wat beteken dat daar in werklikheid geen tariefverhoging is [vergeleke] met die aanvanklike toltarief wat geïmplementeer is nie.”

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het die prysverhoging goedgekeur. Dit is reeds op 11 Februarie in die Staatskoerant gepubliseer.

Afslag vir gereelde gebruikers van spesifieke tolhekke sowel as kwalifiserende plaaslike gebruikers geld steeds.

Sanral wys daarop dat tolgeld gebruik word om belangrike padinfrastruktuurprojekte te finansier en die mobiliteit van voertuie op die nasionale padnetwerk te verseker.

Slegs 13% van die land se padnetwerk van 22 253 km is tolpaaie.

Só raak die tariefverhoging jou

Rit van Johannesburg/Pretoria na Kaapstad

Tolhek Klas 1Klas 2 Klas 3 Klas 4
GrasmereR21-50R64-00R75-00R99-00
VaalR71-50R135-00R162-00R216-00
VerkeerdevleiR61-50R123-00R185-00R260-00
HugenoteR42-50R118-00R185-00R300-00
Totaal (eenmalig) R197R440 R607R875
Totaal

(retoer)

R394 R880 R1 214R1 750

Rit vanaf Johannesburg/Pretoria na Port Elizabeth

Tolhek Klas 1Klas 2 Klas 3 Klas 4
GrasmereR21-50R64-00R75-00R99-00
VaalR71-50R135-00R162-00R216-00
VerkeerdevleiR61-50R123-00R185-00R260-00
Totaal (eenmalig) R154-50R322R422R575
Totaal

(retoer)

R309R644R844 R1 150

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Heinrich

Die laaste sinnetjie in die artikel dat “slegs 13% van die land se paaie tolpaaie is” is alreeds die skande; dis 13% te veel. Lisensiegelde kon korrek bestuur word om di paaie in stand te hou, maar jou ja dis seker maar net in ‘n ideale wêreld.

Hoekom

Want die 40% petrol levy is nie genoeg vir die ANC cartel nie….

Blikkies

Nou wat gaan dit my nou kos van JHB na Durban…….

Nie Verbaas

Brandstof prys hou aan styg, tolgeld styg, elektrisiteit gaan ook styg. Voedselpryse gaan verder styg maar ons weet nou mos al dat die regering geensins omgee of selfs op die vlak kan dink nie. Waaraan word die geld in elk geval spandeer behalwe buitensporige hoe tenders aan kaders vir werk wat half of glad nie gedoen word nie en diefstal.

Johann

Huh? Dis met 5% op maar eintlik is dit dieselfde as niks….????? Seker dieselfde beginsel as magte met die sakke in ons staats koffers n ou ietsie vat. Dis BILJOENE maar eintlik is dit dieselfde as niks!