Tolgeld verhoog: Só raak dit jou sak

Van die verhoogde tariewe.

Van die verhoogde tariewe.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het gesê tolgeld stel hulle in staat om ʼn deurlopende kontantvloei beskikbaar te hê sodat daar altyd geld is om die paaie in ʼn goeie, werkende toestand te hou en veiliger paaie vir almal te verseker.

Die verhoogde tariewe het op 3 Maart landwyd by tolhekke in werking getree. Dit gaan ook gepaard met ʼn verhoging in tariewe vir die Gautengse e-tolstelsel.

Die hoër tariewe kom kort voor die brandstofheffing en Padongelukkefondsheffing wat in April met onderskeidelik 30c per liter en 9c styg.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het in ʼn verklaring uitgevaar teen Sanral en gesê nie alle padgebruikers is oor dié besluit ingelig nie.

“Sommige gebruikers het Vrydag amptelike kommunikasie hieroor ontvang hoewel die persentasie van die toename nie in die e-pos ingesluit was nie. Daar is ook geen regverdiging gegee vir dié toenames nie. Al wat daar gestaan het, was dat die verhogings in die Staatskoerant van 16 Februarie 2017 bekendgemaak is,” het die AA gesê.

“Sanral het nou weereens die geleentheid misgeloop om sinvol met die publiek oor die onderwerp te gesels. Die AA het verlede jaar gewaarsku dat Sanral die guns en ondersteuning van die publiek moet probeer wen, maar dit blyk steeds dat hulle houding teenoor padgebruikers arrogant en ongevoelig is. Ons sal nie verbaas wees as meer mense besluit om nie hul e-tolgeld te betaal nie, veral as die voortslepende ekonomiese situasie van die land in ag geneem word,” het die AA gesê.

Sanral het verder gesê die minister van vervoer, Dipuo Peters, kan jaarliks die tariewe verhoog solank dit net strook met die voorafbepaalde VPI vir die daaropvolgende jaar.

Motoriste met ligte voertuie wat byvoorbeeld die Vaal-Tolpad op die N1 gebruik, sal voortaan R59,50 betaal en motoriste wat die N4-Swartruggens-tolpad gebruik, sal voortaan R75 betaal.

Kyk hier hoe dit jou sak gaan raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
jaco

twee vrae kom by my op:
1. dink die ANC ooit daaraan dat hierdie gedurige verhoging van pryse om ryk kapitalistiese, rasistiese wit mense by te kom, OOK hulle arm swart rasgenote raak? Hulle moet ook meer betaal vir petrol, kos ens ens.
2. Waarom kom die swart rasgenote van die ANC nooit op groot landswye skaal in opstand teen hierdie gedurige styging van pryse nie?

Speedguard

Ek is ‘n e tag betaler , maar sal hierdie my laaste maand wees, hul kan my nou maar hof toe sleep, ek kan dit dood eenvoudig nie meer bekostig nie en is ek in die minderheid wat dit wel doen!

Johann

Desperate tye vir Zuma en sy handpoppe. Gebruik elke moontlike kraan om ons besteebare geld na hul koffers te tap. As ek reg is is SA in die top drie van belasde individue?

pieterdp

Daar maar geen regverdighuid vir n verhooging of self tol nie. As SANRA die brandstof belasting reg gebruik soos dit hoort sal ons paie in n puik toestand wees. Geen krieses of hof kostes sou nodag gewees het nie.

Cara

Oh, Swartruggens tolhek gaan nou R75 wees! Wat was dit dan veronderstel om te wees, want ons betaal dan nog heeltyd R75 daar. Dan beter ek al my strokies gaan soek en hul moet my dan refund. Waarom ons tolgeld moet betaal vir die instandhouding van die paai weet ek nou nie so mooi nie, want ons jaarlikse kar lisensies was veronderstel om dit te betaal, Wonder nou waarheen gaan ons kar lisensie gelde dan. Ons kan eenvoudig net nie meer wen nie, dis net betaal betaal en verhoog verhoog!! Ons sal tolgelde betaal as ons nie elke jaar hoef… Lees meer »