Tolgeld verhoog: Só raak dit jou sak

Van die verhoogde tariewe.

Van die verhoogde tariewe.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het gesê tolgeld stel hulle in staat om ʼn deurlopende kontantvloei beskikbaar te hê sodat daar altyd geld is om die paaie in ʼn goeie, werkende toestand te hou en veiliger paaie vir almal te verseker.

Die verhoogde tariewe het op 3 Maart landwyd by tolhekke in werking getree. Dit gaan ook gepaard met ʼn verhoging in tariewe vir die Gautengse e-tolstelsel.

Die hoër tariewe kom kort voor die brandstofheffing en Padongelukkefondsheffing wat in April met onderskeidelik 30c per liter en 9c styg.

Die Automobiel Assosiasie (AA) het in ʼn verklaring uitgevaar teen Sanral en gesê nie alle padgebruikers is oor dié besluit ingelig nie.

“Sommige gebruikers het Vrydag amptelike kommunikasie hieroor ontvang hoewel die persentasie van die toename nie in die e-pos ingesluit was nie. Daar is ook geen regverdiging gegee vir dié toenames nie. Al wat daar gestaan het, was dat die verhogings in die Staatskoerant van 16 Februarie 2017 bekendgemaak is,” het die AA gesê.

“Sanral het nou weereens die geleentheid misgeloop om sinvol met die publiek oor die onderwerp te gesels. Die AA het verlede jaar gewaarsku dat Sanral die guns en ondersteuning van die publiek moet probeer wen, maar dit blyk steeds dat hulle houding teenoor padgebruikers arrogant en ongevoelig is. Ons sal nie verbaas wees as meer mense besluit om nie hul e-tolgeld te betaal nie, veral as die voortslepende ekonomiese situasie van die land in ag geneem word,” het die AA gesê.

Sanral het verder gesê die minister van vervoer, Dipuo Peters, kan jaarliks die tariewe verhoog solank dit net strook met die voorafbepaalde VPI vir die daaropvolgende jaar.

Motoriste met ligte voertuie wat byvoorbeeld die Vaal-Tolpad op die N1 gebruik, sal voortaan R59,50 betaal en motoriste wat die N4-Swartruggens-tolpad gebruik, sal voortaan R75 betaal.

Kyk hier hoe dit jou sak gaan raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

jaco ·

twee vrae kom by my op:
1. dink die ANC ooit daaraan dat hierdie gedurige verhoging van pryse om ryk kapitalistiese, rasistiese wit mense by te kom, OOK hulle arm swart rasgenote raak? Hulle moet ook meer betaal vir petrol, kos ens ens.
2. Waarom kom die swart rasgenote van die ANC nooit op groot landswye skaal in opstand teen hierdie gedurige styging van pryse nie?

Wern ·

Die gemiddelde ANC ondersteuner het nie die intelligensie om dit te begryp nie.

Speedguard ·

Ek is ‘n e tag betaler , maar sal hierdie my laaste maand wees, hul kan my nou maar hof toe sleep, ek kan dit dood eenvoudig nie meer bekostig nie en is ek in die minderheid wat dit wel doen!

Ronel ·

Proudly e-tag free. Nog nooit betaal nie. Sal ook nooit daai gemors betaal nie. Gelukkig is daar alternatiewe roetes vir meeste tolpaaie ook. Tussen Kroonstad en Vereeniging ry ons die Parys/Vredefort pad. Sekere dele is nuut oorgedoen, ander is hulle nog besig. Maar tolgeld betaal? Ek probeer dit vermy.

Johann ·

Desperate tye vir Zuma en sy handpoppe. Gebruik elke moontlike kraan om ons besteebare geld na hul koffers te tap. As ek reg is is SA in die top drie van belasde individue?

pieterdp ·

Daar maar geen regverdighuid vir n verhooging of self tol nie. As SANRA die brandstof belasting reg gebruik soos dit hoort sal ons paie in n puik toestand wees. Geen krieses of hof kostes sou nodag gewees het nie.

Cara ·

Oh, Swartruggens tolhek gaan nou R75 wees! Wat was dit dan veronderstel om te wees, want ons betaal dan nog heeltyd R75 daar. Dan beter ek al my strokies gaan soek en hul moet my dan refund. Waarom ons tolgeld moet betaal vir die instandhouding van die paai weet ek nou nie so mooi nie, want ons jaarlikse kar lisensies was veronderstel om dit te betaal, Wonder nou waarheen gaan ons kar lisensie gelde dan. Ons kan eenvoudig net nie meer wen nie, dis net betaal betaal en verhoog verhoog!! Ons sal tolgelde betaal as ons nie elke jaar hoef kar lisensies te betaal nie of hoe?

Jan maak n plan ·

Paaie in goeie kondisie hou – se voet!!! Gaan ry tussen Swartruggens en Zeerust, n tolpad vol gate. Tussen Wolmarannstad en Schweizer Reneke n splinyer nuwe pad vol gate. Wie probeer hulle bluff????

annie ·

dit raak my nie van die tolhek nie ek het nie daarvoor gevra nie uit die geld wat so geneem word op n lang base betaal die tolheke

Elzabe van der Westhuizen ·

Ons wat in Zeerust bly en byna al die noodsaaklike dienste in Rustenburg kry -veral ook dokters en hospitaal moet maar net hoes en betaal. R75 soontoe en R75 terug!!HET jy mense daar in hospitaal.moet jy dit daagliks betaal-nog petrolgeld en en en!!! Wat van ou mense wat absoluut afhanklik is van tipe dienste en so moet opdok !!! Maar soos iemand genoem het dis dan al geruime tyd R75 !!!EK RUIK ‘N ROT !!!! BELAGLIK !!! Ek dink daar moet beslis vir inwoners v Zeerust AFSLAG wees op TOLHEKGELDE !!! Nog iemand wil ONWETTIG RYKER WORD.

daleen ·

Hahaha wat n grap! Die verhoging is om ons paaie in goeie toestand te hou!!! Ons paaie was dekades laas in n goeie toestand! Geen verhoging gaan help om ons paaie in n beter toestand te hou nie net goeie leierskap en infrastruktuur sal help!

Justice ·

Watter persentasie van die tolgelde gaan werklik vir pad instandhouding en hoeveel gaan aan die Sanral aandeelhouers? Soos tereg opgemerk deur Cara en Pieter – wat doen hulle dan met die bedrag uit die motor lisensie en brandstof heffing wat addisioneel aan hulle ge-allokeer word vir die instandhouding van die paaie? Beslis nie om addisionele personeel te kry om al die stasies
by tolhekke te beman oor lang naweke nie.

Jean ·

Oi, niemand betaal dit dan nie, so wie betaal die verhoogde fooi? Ek verstaan nie, almal het gesê dit moenie ondersteun word nie, en die spul gaan net aan en VERHOOG die fooie vir die paar wetsgehoorsame burgers wat dit wel nog betaal. BELAGLIK, hoekom verhoog hulle dit vir die mense wat betaal? Wat van die duisende wat nie betaal nie? Belaglik. Hark net geld in om te MORS!

Johanna Botha ·

Ek wonder of die mense nou gaan begin betaal want ons gaan veseker nie ook nie sabc ..kry eers SA in orde en hou op om uitsprake te maak wat ons onwelkom laat voel

marous ·

Staatskoffers leeg … moet planne maak om steeds die standaarde van belaglike luukshede te kan bekostig. Suikerbelasting kom ook , selfs op natuurlike suiker soos 100% vrugtesappe. Groot C maak depots toe dat dit gons. Dit sal nie stop nie ….

Martin ·

Het probeer om my deel te doen in Sa. My tags oppad terug na Sanral en rekening gesluit! Jammer dat mens so moet begin optree, maar genoeg is nou wraggies genoeg!

Rooiman ·

Die styging is e-tol pla my nie, want ek betaal dit in elk geval nie. Ander tolhekke vermy ek sover moontlik, so dit beinvloed my ook nie so erg nie. So die kommuniste gaan net minder geld uit my uit maak.

Lithop ·

Verhoog maar soos julle lus is. Ek het nog nooit en sal ook nooit etol betaal nie.

Alida ·

Ek kan nie glo mense betaaĺ e-tol nie. Dit is en was nog altyd n klug.

Cherokee ·

Ronel (doer bo) se kommentaar het my daaraan laat dink dat vroeër jare was dit wet dat ‘n tolpad slegs mag wees indien daar ‘n alternatiewe roete is. (weet nie of dit steeds so is nie) Sy noem die alternatiewe roetes wat hulle gebruik en toe besef ek, ons moet ‘n plek vind waar ons alternatiewe roetes bekend kan maak aan mede-padgebruikers. Byvoorbeeld, is daar alternatiewe roetes vir die N3? Kan ons tussen Johannesburg en Durban ry sonder om tolgeld te betaal? Ons moet hierdie tipe inligting met mekaar deel.

sonja ·

dalk n dom vraag, behoort hulle ook nie aan d reels van die FSB nie, reels se mos jy moet kliente 30dae kennis gee van enige veranderinge

Tracey ·

Wat! ERNs is iets Groot’s fout, ek het all vir Jare R75 betaal vir Tolhek oppad Zeerust toe, iemand het hul hand in die Koekie blik!?

andrea van vuren ·

Tracy, kom jy dit nou eers agter? Ek vra asb dat julle ‘n kwitansie moet vra wanneer julle kontant by tolhekke betaal. Dan gaan die bedrag deur die masjiene. Ek het gehoor hulle gooi jou geld eenkant en pocket dit aan die einde van hul skof.

Nou wat nou ·

Wat het geword van die petisie wat ons verlede jaar moes teken i.v.m die tolhek sisteem. Of het dit ook op niks uitgeloop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.