Tolhekke oopgegooi oor swaar verkeer op N1

Verkeer in ‘n suidelike rigting op die N1 in Limpopo is veral swaar. (Foto: Limpopo- departement van vervoer/X)

Verskeie tolhekke in Limpopo is Maandagoggend tydelik oopgestel nadat swaar verkeer op verskeie van die provinsie se besigste roetes ondervind is. Dít terwyl duisende motoriste ná die Paasnaweek begin huiswaarts keer.

Hekke by die Nyl- en Kranskop-tolhek is Vrydag reeds verskeie kere oopgemaak om opeenhopings op die N1 in ʼn suidelike rigting te verminder, het die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo gesê.

Die owerhede het ongeduldige motoriste gemaan om nie in die noodbaan of in die bane vir aankomende verkeer te ry nie omdat dit ongelukke kan veroorsaak wat selfs verdere verkeersopeenhopings tot gevolg kan hê.

  • Bel 0800 006 694 om enige verkeersnoodgevalle in Limpopo aan te meld. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SjN ·

Tolhekke moet sekere tye in vakansie dae kwytgeskeld word sodat verkeer beter kan vloei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.