Tolhekwerkers staak steeds

Argieffoto

Die ANC-jeugliga in die KwaDukuza-streek in KwaZulu-Natal het Dinsdag gesê hulle ondersteun die voortslepende staking by Intertoll.

Werkers verbonde aan die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu) het verlede Maandag begin staak en geëis dat hul salarisse van R2 900 tot R6 000 per maand verhoog word. Hulle het ook geëis dat Sanral die bestuur van die tolhekke oorneem.

Intertoll is deur Sanral gekontrakteer om vier van sy tolplazas in die land te bestuur, insluitend die Mvoti-tolplaza op die N2 in Groutville.

Die Mvoti-tolkantoor is verlede week tydens die gewelddadige betogings afgebrand.

Die staking het reuseverkeersopeenhopings tydens spitstye tot gevolg gehad by al die tolplazas op die N2 tussen Mtunzini en Tongaat sowel as op die N3 by Marianhill naby Pinetown.

Die jeugliga het gesê hulle staan in solidariteit saam met die werkers en het die “uitbuiting van jong swart werkers” wat volgens hulle slegs junior posisies by die maatskappy beklee, veroordeel.

“Die maatskappy bied ʼn salaris wat ver onder ʼn leefbare loon is en hou aan om die wins wat hulle uit die publiek maak te geniet. Ons is ook bekommerd oor die manier waarop hulle die kwessie benader, hul arrogansie en hoe hulle neerkyk op hul personeel.”

Die Jeugliga meen Intertoll het bewys dat hulle nie die belange en welvaart van hul swart werkers op die hart dra nie en die party kan nie staan en toekyk hoe die situasie hom uitspeel terwyl Intertoll reusewinste uit die tolstelsel maak nie.

Die ANC Jeugliga het werkers aangeraai om slegs terug te keer werk toe indien daar ʼn vriendskaplike ooreenkoms bereik is.

“Indien dit die geval is, moet werkers se salarisse terugwerkend betaal word en moet hulle ʼn ordentlike salaris binne die minimum loon aangebied word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Michael ·

dit is lekker man hulle staak en ons ry verniet deur die toll hekke goed so staak sommar vir altyd

POF ·

MAAK die booms oop dat die mense kan deurry, julle tolhekke is in elk geval net daar om nog geld uit die vuisvoos verbruiker te druk .. fire die spul en maak oop die paaie !

Griki ·

Ek stem saam – R2900.00 pm is NIE ‘n leefbare loon nie. Dis uitbuiting “want daar is mos baie ander mense wat graag die werk sal wil doen”. Ons is baie vinnig om te kla die mense wil alles verniet hê, maar wanneer hulle wil werk, word hulle uitgebuit. G’n wonder so baie mense wend hulle tot misdaad nie. Dit betaal beter en as hulle gevang word kry hulle ‘n blyplek en kos.

Clene ·

As ek maar R2900.00 ‘n maand kan kry sal ek bly wees. Die staats ouderdom pensioen van R1600.00 is ver onder die leef lyn en ‘n skande. Hulle het tenminste ‘n werk.

janneman ·

Laat die mense wat die korrupsie e posse aan die klok gehang het, sommer die eienaars van Intertoll ook openbaar maak. Dalk sal hierdie werkers se klagtes dan verstaan word. Ek is glad nie n voorstander van stakings nie, maar die een is geregverdig, net die geweld wat deur n kriminele element in die groep gedryf word, is ongeregverdig

Johann ·

EK kry nie wat EK wil he nie en dan veroorsaak ek chaos, brand als af, dreig, intimideer, maak als n ANC POLETIEKE speelbal. Die WERKLIKE nuwe SA!

Vra maar net ·

Wat….!!!R2900.00 en hulle kan nie daarmee leef nie. Hoe dink die regering moet die mense met Sassa se geld leef. En dit is R1690

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.