Tolpaaie kos binnekort meer

Argieffoto

Blade Nzimande, minister van vervoer, het ʼn verhoging in toltariewe op nasionale paaie vir die 2018/19-boekjaar goedgekeur.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het dié aankondiging Donderdag gemaak.

Die aanpassings, wat strook met die verbruikersprysindeks en die onlangs aangekondigde BTW verhoging na 15%, sal op 12 April in werking tree.

“Die nuwe aangepaste tariewe sal van toepassing wees op die N3 tolpad tussen Johannesburg en Durban, op die N4 tussen die Mosambiekse grens en die Botswana-grens, sowel as op die tolpad-dele van die N1, N2, N17 en R30,” het Sanral gesê.

Sanral het bygevoeg die maandelikse tolbeperking vir ligte voertuie word van R250 na R266 verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gestremde ·

Die tolpad na vanaf Wadeville na Johannesburg is reeds met R 1.00 verhoog die week. Nou wil hulle oor twee weke dit verder verhoog. Moet die EFF kry wat net ken van afbreuk om die probleem op te los. Kom nou Julius…gaan doen jou ding daar aangesien jou glo so “bekommerd” is oor sekere mense se welstand.

Tollie ·

DAN HET HULLE NET MEER OM AF TE SKRYF IN DIE VOLGENDE BOEKJAAR .. niemand steur hulle aan julle twak nie.

zoom zoom ·

Alles gaan op en maar dan sak ie rentekoers met 25 punte. So ons as pensionarise is nou nog slegter af en die wat het baie beter af. Hoe doe amc sulke swak besluite kan maak gaan my te bowe. Die woord sê die wat het sal nog meer kry en die wat niks het sal van weggeneem word.

Peet Schabort ·

Die ouer garde sal onthou hoe die sap ( niks te doene met polisie maar wel partypolitiek) langs die nasionale (NP van toentertyd) paaie gery het en sy kar in ‘n gehawende toestand was. Hy as ‘n bloedsap het verseg om op die NP se paaie te ry. Nou-ja ek is ook so dat ek in Kaapstad sal gaan draai om Pretoria toe te ry. In ieder geval is die landelike paaie meer besienswaardig en lê ‘meneer’ nie hier op jou gat selfs teen 120km/h. Ja, dit neem langer maar geen oponthoud agv kettingbotsings ens. Die naam tolpad is korrek want die paaie eis ook hulle tol aan lewens hoe hartseer ook dit mag wees. Wat sê Cherokee? Jy beter saamstem . . .

Marina Appelgryn ·

Dit gaan my verstand te bowe dat tolgelde jaarliks moet opgaan. Voertuie op paaie neem met rassekrede toe? So al verhoog hul nie tolgeld sal meer inkomste gekry word!! Regerng se breins het net 1 begrip,, meer geld!!!

Lolla ·

Hehehe…niemand betaal nie, maar hulle verhoog die fooie! Bwhahaha…

Gerrit ·

Hulle kan dit opsit nan minumum van 1000 rand ek is n roofryer wat weier om te betaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.