Nazir Alli, uitvoerende hoof van Sanral, het gesê die inflasiekoers word as ‘n riglyn gebruik by die verhoging in tolgeld.
Stygings van 6% tree Saterdag onder meer in werking op die N3 tussen Johannesburg en Durban, die N4 tussen die grense van Mosambiek en Botswana, sowel as op dele van die N1, N2, N17 en R30.
Volgens Alli is die verhogings in lyn met VPI en is dit deur die minister van vervoer goedgekeur. Tolgeld op Gautengse tolpaaie sal vir die tweede agtereenvolgende jaar nie verhoog word nie.
Julle kan maar e-tol verhoog met 6%, dit bly ‘n bargain as jy NIKS betaal nie ; – )
Inkomste belasting op, brandstof prys op, ESCOM krag tariewe op, Tolhekke op . . . . . tyd vir burgerlike onrus, sny die aar af wat al die geld aan die korrupte regering voorsien dan sien jy hoe gou vrek hy….
Die hoof van sanral gaan sy alie sien
Wanneer mens nie weet waar geld vandaan kom nie omdat jy loaf en betaal word en boonop steel word sulke besluite geneem .In die begrotingsrede word daar lag- lag van biljoene Rande gepraat wat uitgedeel word soos lekkers. Stem saam dat burgerlike ongehoorsaamheid nodig is om die klomp trogvarke te troef .
Dis reg …verhoog die tolgeld…maar ons soek n onafhanklike audit op elke tolhek elke 6 maande .
Die geld van n tolhek se eerste jaar van besigheid kan in rekening geplaas word en die pad instand gehou word deur slegs die rente te gebruik…vir die jare wat kom.
Moenie kontrakteurs gebruik nie..kry julle eie toerusting en laat die werkloses opgelei word om die werk reg en ekonomies te doen.