Toltariewe verhoog

tolhekDie Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Vrydag aangekondig dat toltariewe op 24 Mei volgens die verbruikersprysindeks (VPI) sal verhoog.

“Enige verandering aan die tariewe is gebaseer op die voorafgaande 12 maande se VPI,” het Vusi Mona, Sanral se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê. “Die gemiddelde VPI-aanpassing vir Sanral se toltariewe is 5,8%.”

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het reeds vroeg in Mei die verhoging wat deur Sanral voorgestel is, goedgekeur. Die verandering is Vrydag in die staatskoerant gepubliseer.

Swartruggens is die enigste tolhek wat nie deur die verhoging geraak gaan word nie.

“Ons het die inflasiekoers as ʼn riglyn gebruik, want ons wil nie die padverbruikerkostes onredelik verhoog nie,” het Mona bygevoeg.

Tariewe vir elektroniese tolhekke op Gautengse hoofweë gaan nie deur die verhoging geraak word nie. “E-toltariewe het eers in die begin van Desember 2013 in werking getree. Dié kostes sal eers in Mei 2015 aangepas word.” – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Grobbie ·

“Ons het die inflasiekoers as ʼn riglyn gebruik, want ons wil nie die padverbruikerkostes onredelik verhoog nie,” het Mona bygevoeg.
Ai…hoe toegeeflik is dit nie van die gawe man nie.

Conrad ·

Mense, moet nie ontslae raak van bronsgeld nie. Gebruik dit om die tolhekke mee te betaal. R6.60 (vir Zambesi-afrit) se 5 sente is n hele geldsakkie vol. Hulle sug verskriklik as hulle dit moet tel. Nou dat 5 sente min raak, gaan jy oor na 10 sente. Hulle moet dit vat, dit is geld.

Bernadine ·

Conrad, ek het ook gedink dis ‘n oulike idee, maar dan word al die motoriste verontrief en sommiges kan juis nie lekker 5 en 5 saam tel nie.

Conrad ·

Bernadine, die ouens agter my word kwaad ja. Maar dit is hulle wat kwaad word. Hulle reverse later as hulle kan en gebruik n ander een. Alles in die lewe is mos deesdae stadig, jy moet net inval en rustig sit en radio luister terwyl hulle tel. Die ouens wat kwaad word dink dit is die teller :-) en nie jy nie.

Shannon ·

Dit sal slegs `n tydelike ongerief veroorsaak vir SANRAL (en die motoriste agter jou). Want SANRAL is reeds besig met planne vir die implimentering van elektroniese skyfies – vasgeplak op jou motor voor ruit.

Dit sal ook hul taak aansienlik makliker maak om deur hierdie metode ‘toll evaders’ vas te trek. Dus sal hulle meer kieskeurig kan wees met wie hulle vervolg … die teiken sal die individue wees wie nie aan pad unies behoort nie, wie vaste adresse het en wie nie aggressief is nie. Raai wie’s dit ?

Surika ·

@ Conrad, ek sit met ‘n magdom 5c! Jy het my nou ‘n uitstekende idee gegee!!! Ons moet hulle net begin irriteer soos hulle ons irriteer! Soos jy se Geld is geld!

susan ·

‘n Bells vir Conrad. As julle ‘n wit Golfie sien wat lank staan by die tolhek – moenie vingertaal praat nie want ek verstaan nie alles nie.

Bernadine ·

CONRAD – laat jy ons almal lekker lag vir jou – jy is die ster vandag ;)

Peter Says ·

Net nog n slinkse plan, om die sinkende e… ding te befonds…

Linda Engelmohr ·

Conrad – hmmm

Ek gee glad nie om nie – MAAR DAN MOET AL DIE REGERING SE MENSE WAT STAATS SUBSIDIE KRY – veral die ouderdom pensioene ook VERHOOG WORD

& AL DIE MENSE WAT IN DIE PARLEMENT SIT SE SALARISSE DAARMEE VERLAAG WORD!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.