‘Tom Moyane was SAID se ondergang’

Tom Moyane (Foto: ANA)

Tom Moyane, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), moet krimineel aangekla word van meineed, vir die valse inligting wat hy aan die parlement weergegee het met betrekking tot die werksaamhede van SAID. Dit is ook duidelik dat die huidige stand van sake by SAID die toedoen van roekelose wanbestuur deur Monyane is.

So lui die sterk bewoorde bevindings en aanbevelings wat die Zondo-kommissie van ondersoek maak in die eerste deel van sy verslag oor staatskaping in Suid-Afrika. Die eerste deel van die verslag is pas bekend gemaak.

“Daar was ʼn massiewe mislukking van integriteit en goeie regering by SAID. Dit word weerspieël deur die grootskaalse verval by dié regeringsentiteit. Wat by SAID gebeur het, was onafwendbaar die oomblik toe Tom Moyane sy voete daar gesit het,” lui deel een van die verslag.

Die verslag beveel ook aan dat die Wet op Inkomstedienste van 1997 verder gewysig word om voorsiening te maak vir ʼn deursigtige proses wanneer die SAID-kommissaris aangestel word.

Moyane is in September 2014 as SAID-kommissaris aangestel en in 2018 deur die president afgedank, na aanleiding van die verdoemende Nugent-verslag, wat verskeie ongerymdhede in SAID se bestuur uitgewys het.

SAID se boeke het in April 2019 ʼn tekort van R14 miljard getoon.

“Hy het beheer van SAID oorgeneem asof dit syne is om te neem en bekwame senior bestuur is eenvoudig uit hul poste gedryf. Eerder as om ʼn gesonde kultuur van andersdenkendheid te vestig het Moyane ʼn kultuur van vrees en intimidasie geskep,” lui die verslag.

Die Zondo-kommissie se bevindings strook met dié van die Nugent-verslag. Die Nugent-kommissie het ondersoek ingestel na bestuursprobleme by die inkomstediens en is gelei deur afgetrede regter Robert Nugent. Sy verslag het reeds tot verskeie skorsings gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marius ·

Dan gaan daar nog baie koppe moet rol. Die hele staatsdiens was so bestuur.

Shakespeare ·

Die arrogante korrupte kader moes al laaaankal in die tronk gewees het.

SjN ·

Al die kadersaanstellings lyk so en het so opgetree, hoekom die lang tydsverloop voor optrede?

Perdeby ·

Dit was al die Zuma aanstellings wat nou so uit kom, maar dit het ons mos geweet.

annie ·

Toe word ons inkomstediens ge-kickbox tot op voetsoolvlak. En daar lê dit uitgezoema tot vandag.

Anton ·

Hy gaan ‘n vreeslike siekte ontwikkel die oomblik wat hy nie meer kan appelleer nie. Die proses sal net so 8 of 10 jaar neem

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

1) Wat gaan die Suid-Afrikaanse nasie doen om te verseker dat hierdie foute van die verlede nie herhaal word nie?

2) Teen welke internasionaal erkende Raamwerk vir Bestuursuitnemendheid gaan SARS voortaan bestuur en evalueer word?

3) Gaan die Nasionale Vervolgingsgesag enigsins oor die nodige ervare kundigheid beskik om die korruptes doeltreffend en effektief te vervolg? Ek twyfel ten sterkste.

Deon ·

Ek is bevrees dat ek saam jou stem… Waarom was daar nie al reeds ondersoeke gedoen deur mense wat opgelei is om ondersoeke te doen nie? Veral waar daar ooglopend n saak was om te ondersoek?

annie ·

4) Ek het nou net my vrae self beantwoord. Wat gaan ek self daaromtrent doen?

Nie Verbaas ·

Ramaphosa was bewus van alles en het nie n vinger gelig om dit reg te stel nie. Dit maak hom net so skuldig.

Pierre ·

Presies. Als te danke aan Zuma. En Ramaphosa was 2de in bevel. Hy moes mos daarvan geweet het. Tipies ANC .

Kokerboom ·

Tragiese gevolge van kader krummel aanstelling. In my oë is dit hoogverraad!Zuma krummel en AL sy gespuis moet net toegesluit word!

Frank ·

Hierdie tipe oortredings, onder andere, moet begin geklassifiseer word as ‘n tipe van hoogverraad, ekonomiese sabotasie. Ons ekonomie is SO broos, en dan gebeur hierdie goed.
En die ONBEKWAMES op ‘n publieke databasis kom, sodra hy deur die hof, deur ‘n kommissie of deur wat ookal skuldig bevind word.

Blomme ·

Ek hoop nie die kommissie se moeite en tyd wat hulle in die verslag ingesit het word net afgemaak as ‘goeie werk’ en verder bly dit daar nie. Die name wat genoem is, is ‘hoë’ ANC kaders… ANC gaan veg om hulle te beskerm sodat nie nog name moet uitkom nie. Patetiese regering.

Jacobus ·

Wat my grief tot in my siel is dat mense so mr Moduane met die intrapslag gesê hy gaan belasting betalers (veral oueres) bykom. Hulle loop vry rond met miljoene in hulle sakke.

fs ·

so ? en? hy sal dood en begrawe wees voor iemand wakker word en hom agter tralies kry…daar is te veel ander wat saam gaan val as sy kop waai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.