Ton Vosloo tree uit

Ton Vosloo

Ton Vosloo

Ton Vosloo het uitgetree as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers.

Vosloo, wat al sedert 1956 by die maatskappy betrokke is, sal deur Koos Bekker vervang word. Vosloo het 23 jaar as voorsitter gewerk.

“Naspers en sy vennote is in baie goeie vorm. As ouskool-joernalis het ek geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy. So, dit is voldoende om te sê – wat ‘n wonderlike groep maatskappye, gelei deur ‘n wyse raad plus topklas bestuur, en wat versterk word deur duisende van die heel beste kollegas wat mense kan hoop om mee verbind te word,” het Vosloo gesê.

Naspers se aandeleprys het onlangs deur die R2 000-vlak op die aandelebeurs gebreek.

Fin24*

*Fin24 is deel van Media24 wat deur Naspers besit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.