Toneel besoek waar seun glo ma vermoor

Francina van der Merwe. Foto: Facebook

Die hofsaak van Pieter le Roux (23), wat beskuldig word van die wrede moord op sy ma, gaan Dinsdag voort met ʼn ondersoek ter plaatse in Vermaaklikheid in die Suid-Kaap.

Le Roux word daarvan beskuldig dat hy sy ma, Francina van der Merwe (55), op 27 Julie 2016 wreed vermoor het in haar huis op Skoolkop.

Luidens die akte van beskuldiging het Le Roux by sy ma gewoon. Die staat voer aan hy het sy ma in Julie 2016 miergif ingegee met die opset om haar te vermoor, maar dat hy onsuksesvol was.

Le Roux het toe glo die aand van 27 Julie sy ma met ʼn graaf en koevoet aangeval terwyl sy geslaap het. Hy het glo daarna haar liggaam met ʼn voertuig ʼn paar kilometer ver gesleep en haar in die bosse gelos.

Le Roux het toe glo sy ma se bebloede klere, ʼn mat, die graaf en koevoet aan die brand gesteek. Van der Merwe se liggaam is op 28 Julie in ʼn bos ʼn paar kilometer van haar huis af gevind. Volgens die staat het Le Roux sy ma se liggaam, asook die koevoet en graaf, aan die polisie uitgewys toe hy in hegtenis geneem is.

Van der Merwe is dood aan ernstige kopbeserings en hewige bloedverlies.

Regter Monde Samela, regsverteenwoordigers en ander tersaaklike partye sal Vermaaklikheid Dinsdag besoek. Die doel van die ondersoek ter plaatse by die moordtoneel is vir die partye om ’n prentjie te skep van hoe die toneel lyk wanneer daar daaroor getuig word. Die moordtoneel sal uitgewys word asook ander tersaaklike dele.

Le Roux het ná sy inhegtenisneming verskeie kere in die Riversdal-landdroshof verskyn en die verhoor sal in die rondgaande hof in Swellendam plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pastoor ·

Johannes 10.10 satan het gekom om te moor roof slag verwoes maar Hyt gekom dat diemens kan lewe en in oorvloed. Hy dink nie normaal nie. Dit is skokkend

Anne ·

Daar is geen rede goed genoeg om jou ma te vermoor nie, as jy as kind nie gelukkig was by jou ma nie hoekom nie op jou eie gaan bly nie??? Op 23 jaar moes hy lankal op eie voete kon staan.

Kobus ·

Dit wys net dat boosheid nie kleur ken nie, baie van die kommentaar op Maroela, gaan oor kleur, alhoewel almal geregtig is op die voordeel van die twyfel, behoort ons boosheid en onmenslikheid te veroordeel, ongeag die slagoffer / misdadiger se kleur.

Ken2 ·

Dinge gaan oor kleur net wanneer mense soos jy dit uit die hoed ruk om een of ander bizarre rede, of wanneer ons bloot reageer op kleurgebasseerde veldtogte teen ons soos die nuutste sogenaamde white monopoly capital en vele meer. Ons reageer net, die regering blaas kleurkonflik teen ons aan.

Johnny Botha ·

Ek stem saam dat dwelms dikwels ‘n rol speel by hierdie tipe tragedies. Ouers moet oopkop so ‘n probleem aanspreek en geensins met hul hart dink nie. Dit is baie moeilik, maar die regte ding om te doen.

w ·

Lewenslank is ni eens lank genoeg vi hom ni die skuimbol. Sou hom graag iets erger wou noem

Kobus ·

@ken2-lees weer van die Coligny en Parys- boere kommentaar, sowel as jou eie en in alle eerlikheid, dink jy dis altyd objektief? Al wat ek meld, is dat ons nie veralgemeen nie, wat op aarde het het white monopoly capital te doen met koelbloedige onmenslikheid, ongeag die kleur van die misdadiger of slagoffer? Wat die man na bewering aan sy ma gedoen het is net so boos en onmenslik. Jou eie kommentaar weerspreek jou siening dat kleur nie n rol speel in sommige se kommentaar oor mis daad nie, en universeel behoort ons dit dieselfde te veroordeel.

christine ·

Maar sommige Regters moet ook voor prentjies geteken word.

Peet J ·

Dit is baie duidelik dat die beskuldigde en sy ouer in konflik met mekaar gelewe het en dat sy emosie van toorn of woede die oorhand oor hom gekry het. Heelwaarskynlik sal hy na ‘n sielkundige verwys word want hy’t gemoor om van sy ma ontslae te wees en omdat emosies aan alle vorme van gedrag verbonde is het sy ma dit miskien nie erken nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Christine, ek stem saam. Party regters moet omtrent prentjies voor geteken word. Waarom die moordtoneel gaan besoek nadat getuies hul repliek gelewer het EN selfs die moordwapens uitgewys het. Is dit te moeilik om dan tot ‘n slotsom te kom nadat die aangeklaagde vertel en bewyse gelewer het en selfs die moordwapens uitgewys het? Dis sensasie en dis SIEK.

Engelbek ·

Van wanneer af lewer getuies “repliek”, Sarie? En waarop moet hulle repliek lewer? Mskien het nie net die regter prentjies nodig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.