Tongaat en kie moet opdok –  hof

Tongaat Hulett se meule in Felixton. (Foto: Facebook/ Tongaat Hulett)

Die suikermeulenaars Tongaat Hulett is nou verplig om die R1,5 miljard wat hulle aan die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (Sasa) skuld, te betaal.

Dit nadat die hooggeregshof in Durban ʼn aansoek deur Tongaat Hulett en sy sakereddingspraktisyns van die hand gewys het. Die applikante het die meule se finansiële verpligtinge volgens die Suikerwet en die suikerbedryf-ooreenkoms in die hof betwis.

Tongaat Hulett en Gledhow-meule het aan die einde van Maart vanjaar versuim om die meer as R1,5 miljard wat aan Sasa betaalbaar is, op te dok. Gevolglik het die finale prys vir herwinbare waarde in die 2022-’23-seisoen met meer as R400 per ton gedaal. Volgens die Suid-Afrikaanse Suikerrietwerkersvereniging (SA Canegrowers) het dié daling aansienlike finansiële gevolge vir boere gehad en die volhoubaarheid van hul bedrywighede in die weegskaal geplaas.

Sakeredders van Tongaat Hulett het die wetlike basis van die bedrag wat verskuldig is, betwis en aangevoer dat die sakereddingsproses voorkeur moet geniet bó ooreenkomste wat binne die bedryf gesluit is.

Die SA Suikerrietkwekersvereniging het die hof se besluit verwelkom en sê indien die applikante se argument geslaag het, dit Tongaat Hulett en Gledhow sou vrygespreek het van wetlike verpligting om hul finansiële verbintenis te eerbiedig. “Dit sou die struktuur van die suikerbedryf ondermyn.”

Die organisasie sal die uitspraak, wat na verwagting Maandag gelewer sal word, bestudeer.

Tongaat was ʼn jaar gelede in die nuus nadat hulle versuim het om boere te betaal wat suikerriet aan hul meule in Felixton, Amatikulu en Maidstone gelewer het.  Die maatskappy het in Oktober verlede jaar aangekondig dat hy met ʼn vrywillige sakereddingsproses begin het. Dit kom nadat die maatskappy nie verdere finansiering vir sy bedrywighede kon bekom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

minnie muis ·

met trots aangebied deur anc kaders wat als vernietig en will sa terug van na 1923

Pierre ·

n bestandeel wat letterlik amper in elke produk regoor die voedsel industrie gebruik word maar kan nie geld maak nie, inset kosts en onbevoegde regering mislukkings en besluite raak net te veel vir besigheid om kop bo water to hou,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.