Tony Yengeni binnekort weer in hof oor dronkbestuur

Tony Yengeni Foto: Ayi Leshabane

Tony Yengeni Foto: Ayi Leshabane

Die ANC-veteraan Tony Yengeni moet in November weer in die hof verskyn nadat sy poging om ʼn pleitooreenkoms met die staat aan te gaan, misluk het.

Yengeni het Vrydag vlugtig in die Kaapstadse landdroshof verskyn waar dit bekend gemaak is dat die nasionale direkteur van openbare vervolging sy aansoek vir ʼn pleitooreenkoms van die hand gewys het.

“Ons wou die saak oplos deur middel van onderhandelinge,” het Yengeni se prokureur, Sylvester Vogel, gesê. “Ons is teleurgesteld. Ek het regtig gedink daar is meriete in ons aansoek.”

Die saak is tot 27 November uitgestel.

Yengeni is in 2013 in hegtenis geneem nadat wetstoepassers glo in Kaapstad se middestad opgemerk het hy ry onreëlmatig met sy luukse sportmotor.

Yengeni, ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, is ook in 2007 in hegtenis geneem vir dronkbestuur, maar is onskuldig bevind nadat dit aan lig gekom het dat daar met die bloedmonsters gepeuter is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Gee hom vet . Wie is hy beter as die gewone ou op straat.

Bruno Stef ·

Steve het pa gestaan vir sy spoedoortredings en dit erken so wat maak die kader nou beter as die gewone sterfling.Verswarende omstandighede is dat hy boonop vir n tweede maal goed getoor was.

Peet Schabort ·

Eerste indrukke is gewoonlik blywende indrukke van ‘n mens se gesig . . .

Helena Burger ·

Hy mag nie skotvry kom vir die oortreding nie. Basta daarmee.

Stefaans ·

Alles Jan van Riebeeck se skuld – dit is hy wat die eerste wingerdstokke geplant het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.